FINANSIERING
Senwes Credit
bied unieke oplossings aan kliënte
Senwes Credit het homself oor die afgelope dekade bewys as hoeksteen
van Senwes se besigheidsmodel en strewe voortdurend daarna om
’n beter diens en waardeproposisie aan kliënte te bied.
Deur Francois de Kock
D
ie landbou-omgewing veran
der teen ’n geweldige tempo
en kliënte se vereistes raak al
hoe meer en meer gekompli-
seerd. Daar word van landboumaatskap-
pye en veral verskaffers van finansiering
verwag om die kliënte se besigheid beter
te verstaan, strategiese struikelblokke
wat die voortbestaan en groei van die
boerdery kan belemmer, te identifiseer en
saam met die kliënt te sit en sy kort- en
langtermynbeplanning te doen. Sodoende
sal daar ’n beter en meer aanvaarbare
finansiële oplossing vir die kliënt op die
tafel gesit kan word.
Ten einde bogenoemde uitdagings te
oorkom, is Senwes Credit in ’n proses om
al die aspekte wat dienslewering aan die
kliënt raak, te herontwerp waar nodig om
sodoende ’n nog beter diens te lewer. In
die verband het Senwes Credit ten doel
om te beweeg vanaf ‘n verskaffer van
finansiële produkte na ’n verskaffer van
oplossings.
Die eerste fase van hierdie proses het
’n verandering in struktuur behels.
Francois de Kock is aangestel as Hoof:
Uitvoerende Bestuurder:
Pieter Swart
Hoof: Finansies,
Nakoming en Admin:
Herman Harmzen
Hoof: Agri-Finansiering:
Francois de Kock
Hoof: Gestruktureerde
Finansiering:
Johan Kunz
50
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
Agri-Finansiering. Sy verantwoordelikheid
sluit in primêre landboufinansiering,
opkomende landbou en landbou-ekono-
miese dienste.
Johan Kunz is aangestel as Hoof:
Gestruktureerde Finansiering en sy ver-
antwoordelikheid sluit in om pasgemaakte
finansieringsopsies aan kliënte te bied,
wat belyn is met die kontantvloeibehoeftes
en -siklus van die kliënt, asook herstruk-
turering van balansstate.
Herman Harmzen is aangestel as Hoof:
Finansies, Nakoming en Administrasie.
As aanvulling van die bestaande span
Bestuurders Agri-Finansiering (voorheen
sleutelrekeningbestuurders) is Elize
Jordaan en Johannes Brink ook aangestel.
Senwes Credit bied unieke produkte
aan sy kliënte om in hulle behoeftes te
voorsien. Van hierdie produkte sluit die
volgende in:
• Termynfinansiering vir die aankoop van
plaaseiendom
• Bedryfskapitaal om in die bedryfskapi-
taalbehoeftes van die kliënt te voorsien
• Produksiekrediet vir die finansiering
van direkte insette
• Graanfinansiering vir tot 24 maande
wat gestruktureer word rondom die
kliënt se balansstaat en kontantvloei.
Landbou-ekonomiese dienste is deel van
die Senwes Credit span, om die produk
aanbieding en dienslewering aan kliënte
te optimaliseer. Persoonlike kontak en uit-
stekende kliënteverhoudings vorm die fon-
dasie van Senwes Credit se besigheid.
Vir enige verdere inligting kontak
Francois de Kock by francois.dekock@
senwes.co.za.