Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 48

VERSEKERING Onderversekering: Lesse uit die verlede en die invloed op ’n eis Die beeld van versekering word dikwels negatief beïnvloed as dit by onderversekering kom. Versekerdes word erg ontnugter en gefrustreer deur die boodskap dat hulle “onderverseker” is. H ierdie boodskap is veral die af- gelope jaar aan boere oorge- dra wat skade gely het nadat byvoorbeeld store of voer uitgebrand het asook toerusting beskadig of vernietig is. Navorsing deur ’n maatskap- py met die naam CIB Insurance Solutions gedurende 2010 het getoon dat tot 70% van boere in Suid-Afrika onderverseker kan wees. Die rede hiervoor is dat hulle dikwels 46 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 die vervangingswaarde van die verse- kerde items onderskat en nalaat om verseke­ringspolisse gereeld saam met hulle makelaars te hersien. OMSKRYWING VAN ONDERVERSEKERING Dit is waar jou versekeringsdekking (die bedrag wat uitbetaal sal word in die geval van skade of verlies) minder is as die koste om daardie beskadigde of verlore goed te vervang. ’n Ander beskrywing hiervan is dat jy verantwoordelik bly vir die proporsionele betaling van jou versekeringseis. Hierdie beginsel word dikwels beskryf as “awery”. Tegnies word die versekerde self die versekeraar vir daardie gedeelte van die verlies. 48