Senwes Scenario April / Mei 2018 - Page 46

AREAFOKUS Hartbeesfontein Die Hartklop van die Noordwes “As die geelperskereën veertien dae in die boorde val, en dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie en dit reën in die Wes-Transvaal.” So het Anton Goosen prominentheid aan hierdie Noordwes-dorpie verleen met sy treffer, Geelperskereën. Deur Aubrey Kruger M aar nou in oestyd sal sekere mense, veral die in die Oos-Kaap, wonder waar die hartsdorpie is. In die hart van die Noordwes tussen Klerksdorp (29km), Ottosdal (43km), Coligny (55km) en Ventersdorp (55km) met Lichtenburg slegs 72km ver. DIE BEGIN Hartbeesfontein het sy ontstaan te danke aan 2 540 families wat vanaf 1835 tot 1845 Noord-Oos uit Kaapland getrek het. Van hulle is oorkant die Vaalrivier geves- tig. Willie Lemmer, een van die wat let- terlik gehelp het om die boek te skryf oor Hartbeesfontein 1870 tot 2013, vertel dat sommige plase reeds hier afgebaken en bewoon is tussen 1845 en 1850. Van die eerste families wat in die gebied inbeweeg het, was Badenhorst, Lemmer, Vermaas, Jooste en Lombaard. Dit is interessant dat enkele lede van hierdie ou fami­lies nog steeds in die area woonagtig is. Hartbeesfontein het sy naam te danke aan die fontein wat nou en dan nog loop. Die legende lui dat van die Voortrekkers ‘n hartbees geskiet en die bloedspoor gevolg het tot by die fontein. SENWES Volgens die inwoners is hierdie gemeen­ skap geseënd met Senwes in die omge- wing, wat gestig is deur ’n groep boere uit 44 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 die omgewing, sommiges van Ottosdal en Hartbeesfontein. TAK Die takbestuurder by Hartbeesfontein is Waldo Venter. Die tak is hartsmense: “By hierdie tak is daar ʼn band met die gemeenskap. Wat veral lekker is, is die feit dat selfs die produsente almal in die tak ken,” vertel personeel my. Die huidige tak met sy 21 personeel, die derde op die dorp, is al sedert 1984 op die Ottosdalpad geleë, met die vorige twee takke wat nou onderskeidelik ʼn harde­ warewinkel en ʼn meule op die dorp is. HARTBEESFONTEIN SILO Die Senwes-silo is bekend op die dorp en Hardé Lochenberg is die silobestuurder. Die silo ontvang meestal mielies, sonne­blom, koring en sojabone. Daar is 20 silobuise met ʼn totale kapasiteit van 101 000 ton. In 2014 was die silo amper vol, toe 91 000 ton graan ingeneem is. BAKENS IN DIE DORP Die seintoring is kilometers vanaf die dorp al sigbaar waar dit lang ʼn skaduwee oor die dorp werp. Die toring is ʼn ellelange 265 meter hoog en nommer 10 op die lys van die hoogste strukture in Suid-Afrika. Die bestuur van die Hartbeesfontein Boerevereniging het onlangs ʼn veilig­ heids­netwerk ontwikkel. Dit monitor die hele distrik met tot 16 kameras op torings, juis vir produsente en ander gesinne wat op plase woon. Dit is een van slegs enkele soortgelyke netwerke in die land. Die inwoners van die Evanna Tehuis word as die dorp se pêrels beskryf. Die tehuis is in 1969 gebou en huisves meer as 100 bejaardes, asook verstandelik gestremde pasiënte met 42 personeel­ lede, waar die goue draad van menswees aangeraak word. Die dorpie het sy eie plaaslike koffiehuis wat skuins oorkant die poskantoor geleë is en eers ’n slaghuis was, waar Fanie Buys jare lank gewerk het. Daar is groot nywerhede soos die Staalmeestergroep, Scheepers Graf­ steenmakers, ʼn groot hoenderaanleg en selfs ʼn gemmerfabriek. Die Slag van Hartbeesfontein het ook tussen die kop- pies van dié dorp en Coligny plaasgevind. Daar is verskeie wildsplase in die omgewing, soos Thaba Tshwene Lodge, Shingalala Game Lodge en Thaba Monate. Die NG Kerk is in 1959 gebou en die saal dateer uit 1930. ʼn Museum word ook op die perseel gehuisves. Dit is ‘n boeredorp met selfs die gastehuise wat daarvan getuig soos @JD Farm Lodge, Farmhouse asook Villa Rosa. BEKENDES VAN DIE DORP Die Suid-Afrikaanse komponis, professor PJ Lemmer, was ook ʼn Hartbeesfonteiner, die oud-skoolhoof AJ Koen was die direk- teur van onderwys en dr Fred du Plessis was die oudvoorsitter van Sanlam. Al drie is met die dekorasie van verdienstelikheid deur staatspresidente vereer. Nog ‘n beken­de oud-inwoner is Edwin le Grange, wat een van die huidige 100 op die kortlys is van die MARSONE projek, wat beoog om ʼn kolonie op Mars te vestig.