Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 41

allegaartjie NUUS Senwes Grainlink Kommandodrift deurvoerpunt Migdol Boereklub Expo en Demonstrasiedag HINTERLAND EN SENWES was trots om deel van die agtste Migdol Boereklub Expo en Demodag te wees, waar daar jaar­ liks meer as 220 besoekers is en vanjaar was daar ook ’n rekord getal van 38 uitstallers. Hier is Marietjie Grobler (Landbou Besig­ heid Bestuurder), Phillip Lee (Bestuurder Veedienste), Stoffel Koloane (Swaarvoertuigbestuurder) en Deon Lamprecht (Stoor­ bestuurder). Indien jy deel van die negende uitgawe van die Migdol Boereklub Expo en Demodag op 21 Februarie in 2019 wil wees, kontak die voorsitter van die Migdol Boereklub, Johann Rousseau by 082 553 7715. Senwes Equipment se bestes vereer Senwes Equipment het hulle 2018 toekenningsfunksie op 23 Februarie gehou. Die wenners wat met die meeste louere weggestap het was Kwek Dietrichsen en Paul Cornelius wat vier en vyf toekennings onderskeidelik ingepalm het. Wimpie Nel het drie toekennings ontvang. Hier is Wimpie Nel saam met sy pa, Bernie Nel. Op 9 Maart 2018 is die Senwes Grainlink deurvoerpunt by Kom­man­do­drift tussen Bothaville en Hoopstad aan pro­ dusente bekend­­gestel. Dit bring Senwes nog nader aan die klant. Dit is die tweede Senwes Grainlink deurvoerpunt in die gebied, met die ander een wat by Kaalplaas geleë is. 2018 Senwes Grainlink Konferensie by Senwes Hoofkantoor DIE 2018 SENWES Grainlink Kon­ fe­rensie het vanjaar op 20 en 21 Februarie by Senwes Hoofkantoor se splinternuwe konferensiefasilitei­te in Klerksdorp plaasgevind. Meer as 160 personeellede het die konferensie bygewoon. Die tema vanjaar was: Is jy reg vir die toekoms? Die uitvoe­ rende bestuurder van Senwes Grainlink, Pieter Malan het gesê: “Onthou ons het ’n gedesentraliseerde besigheid met die mees suidelike silo by Petrusburg en die mees noorde- like een by Middelvlei, wat omtrent 600 km uitmekaar is. Dit is dus nodig vir ons om jaarliks ons strategie te bespreek. Elkeen van ons by Senwes Grainlink moet reg wees vir die toekoms”. Senwes open nuwe konferensiefasiliteite Senwes het op 28 Februarie 2018 amptelik die nuwe konferen- siefasiliteite by Hoofkantoor geopen. Die fasiliteit sal as The Barn bekendstaan. Meer as 400 name is deur personeel voorgestel, maar Eswan Walker het die wennaam, The Barn, voorgestel. Senwes HUB, Francois Strydom en Corné Kruger, HFB, het die gebou geopen. SENWES SCENARIO | HERFS 2018 39