Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 40

NUUS Draf en Trap is Ottosdal se juweel Deur Aubrey Kruger E lke dorp of stad het sy toeriste- aantreklikhede. Kaapstad het met Tafelberg een van die sewe nuwe wonders van die wêreld, Calvinia het die wêreld se grootste pos- bus, Oudtshoorn het die Kangogrotte en Ottosdal het die Draf en Trap. Die Ottosdal Draf en Trap is al sedert 1994 deel van Noordwes, die ou Wes- Transvaal, en is op talle atlete en fietsry- ers se jaarprogram. Vanjaar het hierdie juweel sy 25ste bestaansjaar gevier met meer as 4 000 deelnemers, 2 800 atlete en 1 200 fietsryers. Volgens Comrades- legende, Louis Massyn van Goudveld Multi Sport in Welkom, wat die rekord van 45 Comrades agter sy naam het, is hier­die die grootste bymekaarkomplek vir atlete en fietsryers in die platteland. Die omvang is massief en die voor- sitter Jaco Bamberger vertel dat nage­ noeg 11 000 mense na die gebied stroom. Sekretaresse en organiseerder Willa Naudé sê dat borge kardinaal is en bedank ieder en elk. Sonder hulle bydraes is dit onmoontlik om die Ottosdal Draf en Trap aan te bied. Senwes is trots om ook al vir 25 jaar deel van Ottosdal se uitvoerproduk te wees, as borg asook die behartiging van ’n waterpunt. ’N PAAR DRAF EN TRAP STATISTIEKE: • • • • • • • • • Meeste atlete: 4 905 (in 2016). Deelnemers (2018): 4065. Aantal atlete (2018): 2 867. Aantal fietsryers (2018): 1 198. Lampies: 2 000 op die roete. Liters paraffien: 1 500 liter. Vrywilligers: 400. Aantal medaljes: 5 000. T-hempde vir voorafinskrywings: 1 000. *Die Ottosdal Draf en Trap het as die Nagmarathon in 1994 begin en vanaf 2002 staan dit as die Ottosdal Draf en Trap bekend. Kontak CEREALIS PRESISIE (018) 632 0362 of [email protected] 38 SENWES SCENARIO | HERFS 2018