Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 4

Uit die Woord
Ek sien na U op
ALGEMEEN | GENERAL RUBRIEK

Uit die Woord

Oestyd is hier !

Oestyd , die tyd wanneer alles bymekaarkom .

Oestyd , die tyd wanneer alles bymekaarkom . Ons tema is Oestyd En Herfstyd en so word die term Harvest Time nie net gebruik wanneer jy ‘ n pakkie ertjies koop nie .

Ons is mos maar meestal Afrikaans hier in die sentrale streke . Met Senwes en ander maatskappye wat uitbrei , raak ons deel van ’ n globale wêreld . Ons leer ook ander terme . Hier in Noordwes is die Tswana term vir oestyd , puno wat redelik bekend is . Met ons besoek aan Oos-Londen is die terminologie bietjie vreemd met die bemarker , Roy Moorcroft , wat aandui dat die korrekte Xhosa vertaling egter vuna umbona is . ’ n Interessante brokkie : Ander wêreldterme vir oestyd sluit in oogsten in Nederlands , einernten in Duits en høste in Deens .
Dit laat my dink aan ’ n gedig aan die einde van 2017 deur Gerhard de Bruyn van Caledon , wat die boerderyprosesse presies weergee : Oestyd is weer hier . Ons hoop mos maar net dit bring plesier . Baie dinge kan gebeur . En die boere moet maar net daardeur . Die graan is ryp en wag vir die oes . Daarom gaan dit nou op die lande woes . Een van die dae is die silo ’ s vol . Dan weet ons die wiele het nie verniet gerol .
Oes maar boere met goeie hoop . Die graan sal dalk nog baie dik loop . Voorspoed boere .
Dit maak nie saak watter taal jy praat nie , of waarvan jy praat nie . Oestyd is verseker hier .
Ek sien na U op
Ds . Willie Botha Lees : Psalm 123
“ EK SIEN NA U op , U wat uit die hemel heers .” Dit is die woorde waarmee Psalm 123 begin . Dalk sou mens eerder verwag het dat die persoon sou “ opkyk ” na God . Tog is die bewoording pragtig aangesien dit ’ n ander nuanse na vore bring . In die Ou Testament het ’ n slaaf op soortgelyke wyse na sy eienaar opgesien . ’ n Slaaf het min regte gehad en was in baie opsigte van sy eienaar afhanklik . Vir opvoeding , raad , leiding , maar ook vir kos en klere . Hierdie gedig is deel van die Pelgrimspsalms wat ons tussen Psalms 120- 134 aantref . Tydens die pelgrimsreise na Jerusalem vir die Loofhuttefees , Fees van die Weke en die Paasfees het hierdie Psalms ’ n besondere rol vervul . Aangesien die reise na en van Jerusalem gevare ingehou het , het hulle met hul hele lewe na God opgesien .
My gedagtes dwaal van hierdie pragtige Psalm na Mattheus 27 , waar Jesus gekruisig word . Ook in hierdie Psalm word daar na die Seun van God opgekyk . Daar is egter ’ n radikale verskil . Waar Psalm 123 die beeld afhanklikheid , nederigheid , dankbaarheid en respek oproep , is dit hier die teenoorgestelde . ’ n Groot verskeidenheid mense is by die kruisiging betrokke : Daar is Romeinse soldate , priesterhoofde en skrifgeleerdes , gewone mense en die medeveroor deeldes langs Jesus . Daar staan dat die mense wat by Jesus se kruis verbygeloop het , hulle koppe geskud het . ’ n Teken van minagting , of eerder nog , veragting . Hier is geen teken van respek , bewondering of afhanklikheid . Inteendeel , Jesus moet vir hulle Sy Godskap bewys . Hy is slegs God as Hy van die kruis afkom . Dit is dramaties ironies , want Hy bewys juis Sy Goddelikheid deur nie van die kruis af te kom nie . Daardeur word die tipiese menslikheid van die mens uitgewys . Dat ons nie die Goddelikheid van God in Sy nederigste oomblik kan herken nie . Die oomblik toe die mens met verwondering moes opsien , het hulle met veragting , neerhalend opgekyk .
Die kruisiging openbaar tegelykertyd Goddelike openbaring én menslike arrogansie , terselfdertyd Goddelike begrip en insig , en menslike manipuleerbaarheid . Bo alles gaan die kruisiging oor tyd . Aan die kruis wys Jesus vir ons die ewigheid , en hoekom dit Goddelik is , aan die voete van die kruis ontdek ons onsself en ons menslike geaardheid , en ons tydelikheid .
Dit is uit retrospeksie dat ons na die Kruis en Psalm 123 kan kyk en na God kan opsien ! Soveel te meer ! Amen .
02
SENWES SCENARIO | HERFS 2018