Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 38

NUUS Navorsing lei tot 'n tydskrif met 'n nuwe voorkoms ! Die resultate is uit! Ons het jou terugvoering op Senwes Scenario ter harte geneem en ons redaksiespan was baie besig om te verseker dat die nuwe Senwes Scenario met die nuwe voorkoms beter aan jou behoeftes sal voldoen.  Deur Marlon Abrahams Hoofredakteur T en einde relevant te bly en die veranderende behoeftes van ons kliënte en lesers te bevredig, doen Senwes gereelde navorsing onder sy belanghebbendes. Die goeie nuus is dat die Senwes Scenario-tydskrif grootliks op die regte pad is met betrekking tot inhoud, taalbalans, styl en uitleg. Dit was insiggewend om te weet dat ons lesers altyd bereid is om iets nuuts te leer. Om hierdie rede bly ons produsentefokus ’n gunsteling en ons beoog om meer klem te lê op nuwe boerderytendense, verskeie innoverende praktyke en om meer boer­ deryvertakkings en entrepreneurskap te bevorder. Een van ons mede-produsente het tereg opgemerk: “As ek 'n artikel lees, vra ek altyd in die eerste paragraaf twee vrae: Kan ek dit gebruik en kan dit vir my geld maak? Kan dit my bevoordeel?” ‹ Groep 4, Kroonstad › Ons het ook kennis geneem dat ons 36 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 lesers graag wil lees oor mede-produ­sen­ te, aangesien die meeste van ons 'n stryd om oorlewing moet voer. Vir nou is die gedrukte formaat hier om te bly - 97% van ons lesers verkies steeds die Scenario in gedrukte formaat, maar ten einde al ons lesers te akkommodeer, gaan ons digitale formaat (eScenario, die Senwes Scenario webblad sowel as die Senwes Scenario mobiele toepassing) van krag tot krag. Die groot meerderheid van ons lesers bedryf gemengde boerderye, met die hoofvertakkings grane (51%), gevolg deur veeboerdery (36%). Ons neem kennis dat ons lesers graag meer wil leer van boerderyvertakkings wat nie deel van hul eie kundigheid uitmaak nie. Ons lesers dek ’n wye geografiese gebied (Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap) en die meeste is voltydse boere op wat geklassifiseer kan word as groot tot mediumgrootte plase. GROEP GROEP GROEP GROEP 1 2 3 4 Deeltydse pro