Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 36

JAG

Hoekom herlaai jy ?

Hoekom koop ek nie net ’ n pakkie ammunisie oor die toonbank nie ? Hoekom voel ek dat die tyd wat ek spandeer het , beter spandeer is as om die naweek voor die TV te sit en rugby kyk ? Hoekom wil ons ure lank werk aan ’ n lading en aan die herlaai van ammunisie ?
� Deur Jan-Lodewyk Serfontein

Vroeg Saterdagoggend pak ek my voertuig om ’ n paar ladings op die skietbaan te gaan toets . Die verskillende ladings is die vorige aand tot laat gelaai . Die koeëls se diepte asook die kruit se gewig is aangepas . Elke groepie van drie rondtes is uniek en anders as die ander groepie . Na ’ n paar kuiers by die kenners en ‘ n paar laat nagte het ek hopenlik ’ n kombinasie wat vir my die gewenste groepering sal gee .

Na ’ n paar ure op die baan het ek ’ n idee van watter kombinasie my geweer van hou en wat ek moet herlaai . Nou kan ek die res van my naweek gebruik om ammunisie te herlaai met die resep wat ek Saterdagoggend uitgekies het .
Teen Sondagmiddag laat staan my ammunisie op die tafel . Ek het alles self gemaak . Self uitgewerk waarmee my geweer akkuraat skiet , en ook genoeg ammunisie gelaai sodat ek dié jaar lekker kan gaan jag .
Die herlaai van ammunisie is ’ n proses wat so oud is soos gewere self . Die herlaaiproses van die eerste gewere het net voor die afvuur van die geweer plaasgevind . Die herlaaiproses het nie in ’ n vertrek weg van die aksie af plaasgevind nie . Die kruit en koeël is voor by die loop ingegooi net voordat jy wou skiet . Die slagdop het vroeër jare nog aan die buitekant van die loop gesit . Met die verloop van tyd het die slagdop na binne die loop verskuif en deesdae is die slagdop , kruit en koeël een enkele produk wat deur ’ n dop bymekaar gehou word .
Die herlaai van ammunisie is dus net so oud soos gewere self . Die skiet van gewere kan maar moeilik plaasvind sonder dat daar herlaai word . Die aankoop van ammunisie is dalk vinniger en nie veel duurder as herlaai nie . Maar vir skuts wat die ware ervaring van skiet wil hê , bly herlaai nou maar net deel van skiet . Die gevoel as drie skote mekaar op
100 m raak . Of die gevoel as jy die koeël wat hy self herlaai het , uit die gemsbok sny . Die trots en tevredenheid van iets wat jy self uitgewerk het , ken geen einde nie . Daardie koeël word beter bewaar en meer stories oor vertel as oor die jag self . Herlaai is dus ’ n proses wat skuts aanpak om hulle gewere meer akkuraat te maak en om hulle jag nog meer te geniet .
WAT HET ’ N SKUT NODIG OM TE BEGIN HERLAAI ? In Suid-Afrika mag enige wettige houer van ’ n geweerlisensie , herlaai . Jy het jou lisensie nodig om kruit en slagdoppies te koop . Al die ander komponente wat jy nodig het vir herlaai , word nie deur enige wet beheer nie . Koeëls , doppe en herlaaitoerusting mag aangekoop word sonder ’ n vuurwapenlisensie .
Herlaaitoerusting is die duurste komponent van herlaai . Dit is gelukkig toerusting wat net een keer aangekoop word . Probeer dus om goed genoeg te koop sodat jou produkte wel ’ n leeftyd kan hou .
34
SENWES SCENARIO | HERFS 2018