INNOVASIE
OES:
Nie net tonne per hektaar nie, maar ook
die versameling van inligting per hektaar
Deur Martin van Zyl
LANDBOU-UITDAGINGS
WÊRELDWYD
V
olgens landboubedryfspesialiste
en navorsers moet die volgende
4 uitdagings wêreldwyd deur die
landboubedryf aangespreek
word:
➊ Groeiende wêreldbevolking
➋ Deursigtige en veilige voedselproduksie
➌ Klimaatsverandering
➍ Gesonde voedsel
Die Wêreld Ekonomiese Forum is van
mening dat die wêreld voedselstelsels
van vandag moet transformeer. “Biljoene
mense is ondervoed, miljoene boere leef
op bestaansvlak, enorme hoeveelhede
kos word vermors en swak landbouprak
tyke eis sy tol op die omgewing.”
TEGNOLOGIESE VORDERING
Tegnologiese vordering het die potensiaal
om ’n omwenteling in die bedryf te help
bring.
Daar is 3 kenmerkende tegnologieë wat
oorweeg moet word:
➊ Die Internet of Things (IoT)
➋ Groot Data (Big Data) en
Ontleedkunde (Analises)
➌ Blockchains
32
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
DIE INTERNET OF THINGS (IoT) BLOCKCHAINS
Die IoT - wat staatmaak op sensors en
drywers wat gekoppel word aan reke-
naarstelsels deur rekenaarstelsels,