Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 32

PRODUSENTFOKUS Senwes se Julius Ramohlabi bied advies en ondersteuning aan ontwikkelende produsente. 29 | Van polisieman tot mielieboer sy vee (vyftien koeie) gesteel is en hy moes weer van voor af begin. Dit was ’n stryd om grond te kry waar hy kon begin boer, totdat hy deur middel van sy betrokkenheid by die National African Farmers Union (NAFU), gehoor het van programme binne die regering waarvolgens plase aan kleinboere toegeken word. Nieteenstaande die uitdagings wat hy in die gesig gestaar het, het Mokhatlha geglo dat boerdery in sy bloed is en die feit dat hy op ’n plaas grootge- word het, het hom goed voorberei vir die dag waarop hy uiteindelik die moed sou hê om uit sy gemaksone te beweeg en sy passie in die boerderybedryf na te streef. Daar was baie uitdagings maar in 2013 het sy deursettingsvermoë vrugte afgewerp toe hy ’n plaas kry in Vereeniging, waar hy tans boer. GEWASBOERDERY Mokhatlha erken dat hy sy hart op veeboerdery gehad het, maar alles het verander toe hy met ander boere praat, wat hom gewaarsku het teen die uitda­gings binne die boerderybedryf en hom aangeraai het om te diversifiseer en so ’n meer volhoubare bestaan te maak. Hy het toe begin om soveel as moontlik kennis in te win deur in te skryf vir verskeie Graan SA kursus­ se. Dit was toe hy besluit het om met mielies te begin boer en so sy veeboerdery aan te vul. GESIN Mokhatlha is ’n getroude pa van twee dogters. Die oudste, wat hom hopelik sal opvolg deur die boerdery oor te neem, studeer tans Veeartseny Tegnologie by die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Hy vertel dat hy sy dogters gereeld Nampo toe neem om hulle aan die wêreld van boerdery voor te stel sodat hulle uiteindelik sy opvolgplan kan uitvoer. DIE PAD VORENTOE Mokhatlha, wat ’n aantal toekennings in die proses ontvang het sedert hy begin boer het, hoop om sy besigheid uit te brei en uiteindelik ’n goed gevestigde kommersiële boer te word. “Ek wil graag tot die land se BBP en voedselsekuriteit bydra. Ek wil ook finan- sieel bemagtig wees sodat ek ander deur werkskep- ping kan bemagtig.” Isaac Mokhatlha is baie dankbaar vir wat Senwes al vir hom beteken het om 175 hektaar mielies hierdie seisoen te plant. 30 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 Kontak Julias Ramohlabi by 018 464 7156 of e-pos hom by [email protected] indien jy ’n ontwikkelende produsent is wat wil voordeel trek uit die dienste wat Senwes bied.