Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 31

PRODUSENTFOKUS
Julias Ramohlabi , die Senwes Bestuurder , Ontwikkelende Produsente is ‘ n man wat verskeie posisie beklee . In die komende uitgawes van Senwes Scenario gaan hy ons op reis neem deur die verskeie dienste wat Senwes aan Ontwikkelende Produsente bied . Sekere van die dienste sluit in toegnag tot finansies , mentorskap en boerderybeplanning .

Van polisieman

tot mielieboer

’ n Gelukkige Isaac Mokhatlha .
Julias Ramohlabi , Senwes se Bestuurder , Ontwikkelende Produsente , stel ons in hierdie uitgawe bekend aan Isaac Kagiso Mokhatlha , ’ n voormalige polisieman en gelukkige klant wat ’ n verbetering in sy mielieproduksie gesien het sedert hy besigheid met Senwes doen .
Deur Kefiloe Manthata
VROEË JARE

Isaac Kagiso Mokhatlha is op ’ n plaas in Lindley , Vrystaat , gebore in 1966 . Hy het sy vroeë jare daar spandeer en boerdery leer ken en ’ n passie daarvoor ontwikkel , wat tot vandag toe nog voortduur . Hy het by die SA Polisiediens aangesluit in 1986 , waar hy toegewyd vir 19 jaar diens gedoen het . Mokgatla het in 2005 besluit om nie langer die hunkering na sy passie te ignoreer nie en het uit die Polisiediens bedank om voltyds te gaan boer . Hy was ’ n adjudantof fisier toe hy bedank het .

SENWES
Mokhatlha het deur Senwes Landboudienstebestuurder , Julias Ramohlabi , van Senwes geleer en uiteindelik ’ n verhouding met Senwes ontwikkel . Hy staan verbaas oor die verandering wat dit vir hom meegebring het om ’ n Senwes klant te wees en wat dit vir sy besigheid gedoen het . Hy glo dat hy nie soveel hektare sou geplant het as Senwes hom nie ‟ aangeneem ” het nie . Mokhatlha kon hierdie seisoen 175 hektaar mielies plant en sê dit sou nie moontlik gewees het sonder die hulp en ondersteuning van Senwes deur Ramohlabi nie . Hy hoop dat die maatskappy sal voortgaan om hom by te staan met vaardigheidsbestuur , veral met betrekking tot die bestuur van sy besigheidsfinansies .
DIE VERANDERING NA BOERDERY
Mokhatlha het geleidelik in die boerderybedryf begin inbeweeg in 2003 deur beeste te koop en te verkoop in die Lindley omgewing . Hy het ’ n ernstige terugslag beleef op ’ n stadium toe
30
SENWES SCENARIO | HERFS 2018 29