Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 24

AREAFOKUS Die Senwes Equipment werkswinkel waar dit langs die N2 gevestig is. 21 | Oos-Londen aan is die Buffalo Rugbyklub en Buffalo Roadrunners. Roadrunners bied volgens komiteelid, Tracy Smith, een van die mees unieke wedlope in die wêreld aan, die Washie 100-myl padwedloop van Port Alfred, wat hier in Oos-Londen eindig. BEKENDE BAKENS Een bekende baken is die lughawe, wat al sedert 1927 in die stad is, hoewel dit al baie keer verskuif het. Die hawe is ook die enigste rivierhawe in Suid-Afrika. Die John Baillie-gedenkteken in die hawe herdenk die historiese gebeurtenis van 1835 toe die Britse vlag deur John Baillie vir die eerste keer in die gebied gehys is. Daar is ook ’n straatnaam ter ere van John Bailie. Die hawe het ook die naam van Port Rex nog duidelik aangedui, wat die oorsponk- like naam van die stad was. 22 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 Die stadsaal is baie uniek met sy hoek- steen wat in 1897 gelê is. Die kloktoring is aan Koningin Victoria gewy en daarby is daar talle ou geboue en kerke te be­­speur met onder andere die NG Gemeente en St. Andrew’s Evangelical Lutheran Church. Terug by renjaers - die Grand Prix ren­ baan van 3,9 km is sedert 1959 ’n beken­ de trekpleister. Dis ’n korter weergawe van ’n renbaan wat eens oor die 23 km lank was. Die Daimler Chrysler aanleg, waar die wêreld se C-klas Mercedes Benz sedanmotors vervaardig word, is massief met ’n duisend voertuie wat ’n prentjie­ mooi toneel by die hawe skep. En nou weet ons baie meer van die gebied in die Ooste. Hoe lui die spreek­ woord, Oos Wes tuis bes. Welkom in Oos- Londen, Senwes Equipment. Die First City Baptiste Kerk.