Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 21

PRODUSENTFOKUS Hier by Fort Warwick is hulle melkprodusente met 400 Jerseykoeie en gekruiste rasse. Deur Aubrey Kruger T ydens ons besoek aan Oos- Londen het ons by Senwes Equipment se bemarker in die gebied, Roy Moorcroft, gaan kuier toe hy nog ’n John Deere trekker by die Gratz Broers om hul plaas Fort Warwick gaan aflewer het. Roy vertel dat dit die vierde trekker is wat hy aan die broers verkoop het en dié keer was dit ’n John Deere 5082E. Hulle vertel dat hulle altyd John Deeres op die plaas gehad het, oues en nuwes, alhoewel daar ’n paar weergawes van die mededingers se produkte ook op die plaas is. Dit blyk egter dat Senwes Equipment ’n groot rol speel en Des en Vernon is albei baie tevrede met die kwaliteit van die trekkers en die diens wat hulle ont- vang. Hulle ken vir Roy al sowat agt jaar. Volgens hulle lewer Roy, sowel as die takbestuurder Riaan Grobler en sy span, ’n uitstekende diens en los hulle probleme baie gou op. Die Gratz Broers van Fort Warwick ontvang die John Deere 8082E trek­ ker. Aan weers­ kante is die broers Des en Vernon Gratz. In die middle ontvang Darryn Gratz die trekker by Senwes Equipment Bemarker, Roy Moorcroft. MEER OOR DIE GRATZ BROERS Hulle is trotse derde-generasie boere. Hul oupa Frederick het in die Berlin gebied geboer, waarna hul pa Fort Warwick in 1982 gekoop het, waar hulle sedertdien boer. In 2007 het hulle die nabygeleë plaas Wildene gekoop en in 2016 die derde plaas. Teen daardie tyd het Senwes reeds in die gebied inbeweeg. Hulle is melkboere met sowat 400 Jersey-koeie en gekruiste rasse. Die oud- ste broer, Des, fokus hoofsaaklik op die melkery terwyl die jonger broer, Vernon, op die produksiegedeelte fokus. FAMILIEBESIGHEID Des en Vernon se seuns, Darryn and Kyle, is aktief betrokke in die besigheid en Des se vrou, Lor, hanteer die reken- ingkundige en administratiewe sy van die besigheid. Vernon se vrou, Karen, wend haar vaardighede in die tamatiebedryf aan. Hulle verskaf werk aan sowat 18 per- manente werkers en maak slegs nou en dan gebruik van tydelike personeel. VOOR- EN NADELE Die meeste Senwes produsente boer in die platteland van Noordwes, Vrystaat ensovoorts. Van die voordele van boer­ dery in die gebied is dat die klimaat baie warmer is en die winters is nie so koud nie. Van die nadele sluit in bosluise, maar hulle hou dit onder beheer. TOEKOMS Hulle toekoms by Fort Warwick is blink en die plan is dat hul seuns, Darryn en Kyle, by hulle sal oorneem as die vierde gener- asie, wat die boerdery verder sal neem. Hulle laat glip dat hulle die besigheid gaan uitbrei in die nabye toekoms. Die enigste nadeel is dat alles afhang of die huidige situasie in die land hulle sal toelaat om hul planne tot uitvoering te bring. Op die vraag wat landbouers genoem wil word, antwoord hy: “Noem my ’n boer, anders kompliseer jy net sake.” Wees sterkter as ooit en jy sal die vrugte daarvan pluk, met Senwes Equipment, natuurlik. SENWES SCENARIO | HERFS 2018 19