Senwes Scenario April / Mei 2018 - Page 17

LANDBOUKUNDIG BOERDERYVEREISTES Hektare benodig om finansieel lewens- vatbaar te wees: Produsente moet mik vir hoë kwaliteit, waardetoegevoegde markte. Opbrengs per hektaar: True Lavender lewer 8 tot 30kg en Lavandin 40 tot 220kg vlugtige olie. Mees geskikte laventel vir die Suid- Afrikaanse klimaat: Engelse Laventel, Lavandin en Spika. Klimaatvereistes: Laventel kan matige ryp en droogte verduur en benodig vol son, met s owat 300-1 400mm reën per jaar. Grondvereistes: Goed gedreineerde, ligte, sanderige grond, pH moet tussen 5.8 en 8.3 wees en dit moet lae vrug- baarheidsgrond wees. Grondvoorbereiding: Organiese grond­voorbereidingspraktyke word aan­ gemoedig. Plant op verhewe beddings. Besproeiing: Besproeiing word benodig for die eerste jaar of twee, totdat die plan- te goed gevestig is. Bemesting: Laventel benodig min tot geen bemesting. SENWES SCENARIO | HERFS 2018 15