LANDBOUKUNDIG
Nismark
Blou Goud
'n versteekte skat
Laventel kan ’n winsgewende gewas op jou plaas wees. Hierdie pragtige kruieplant is
relatief nuut op die Suid-Afrikaanse landskap en is vinnig besig om momentum te verkry
vanwee sy kosmetiese en medisinale eienskappe.
Deur Kefiloe Manthata
S
enwes het die 15de jaarlikse kon-
ferensie van die Suid-Afrikaanse
Landbou Onderwysersvereniging
geborg wat van 31 Januarie tot
3 Februarie gehou is, en in die proses ’n
paar versteekte skatte ontdek. Een van
hulle was ’n plaas tussen Klerksdorp en
Wolmaransstad, waar Trudy Kasselman
en haar skoonma Rina Kasselman, met
velde blou goud, soos laventel nou bekend
is, boer. Hulle plant dit op ’n 0,5-hektaar
gedeelte van hul 1 hektaar grond. Trudy
vertel dat hul produklyn, Ruah, sy ontstaan
gehad het uit hierdie laventelboerdery as ’n
῾passieprojek wat in ’n voltydse volhoubare
14
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
besigheid ontwikkel het’. Hierdie ontdek-
king het daartoe aanleiding gegee dat ons
bestaande nisboerderymarkte in Suid-
Afrika en die winsgewendheid daarvan,
van nader gaan bekyk het en sal onder-
soek in die Senwes Scenario.
Laventelboerdery is relatief nuut op
die Suid-Afrikaanse landskap, maar dit
is vinnig besig om momentum te verkry -
hoofsaaklilk omdat aromaterapie, wat die
gebruik van vlugtige olies, insluitend laven-
telolie, behels, weer gewild begin raak het
weens die medisinale eienskappe daarvan.
Sowat tien jaar gelede was daar geen
laventeluitvoere vanuit Suid-Afrika nie.
Uitvoere van vlugtige olies wat uit laventel-
plante gedistilleer word, neem egter toe.
Veertien soorte laventel is dwarsoor
die wêreld beskikbaar, waarvan drie
baie gewild is onder Suid-Afrikaanse
boere: Engelse Laventel (True Lavender,
Lavendula), Lavandin en Spika (breë
blaarlaventel) vaar die beste in die Suid-
Afrikaanse klimaat. Laventel is ’n maklike
plant en groei sonder moeite in ryp en droë
toestande. Die beste toestande vir ’n laven-
telplant is volson, los, goeie dreineergrond
en ’n bietjie beskerming teen die elemente.
Laventel word vir eeue al beskou as
’n plant wat alles genees en die gebruik
daarvan is veelsydig en omvattend. Daar
word geglo dat laventelolie antiseptiese
en anti-inflammatoriese eienskappe het
en dat dit enigiets van spysverterings
probleme tot hoofpyn en naarheid kan
gesond maak. Navorsing dui aan dat
laventel gebruik kan word vir die behan-
deling van angs, slapeloosheid, depressie
en rusteloosheid weens die kalmerende
eienskappe daarvan.
Benewens die winsgewendheid van
’n laventelboerdery, vertel Trudy dat
produsente ook waarde tot hul laven-
telproduksie voeg. Sy het verkies om ’n
skoonheidsreeks te ontwikkel bestaande
uit lyfrome, badolies en verskeie ander
laventelgebaseerde luukse skoonheid-
sprodukte, wat deel vorm van die Ruah-
produkreeks.
Die distilleerproses lyk gekompliseerd,
maar is eintlik baie eenvoudig. Laventel
distillasie is baie dieselfde as die proses
om mampoer te maak. Stoomdistillasie
of natstoomdistillasie is ’n proses waar
vlugtige olies deur stoom deur ’n verkoe
ler (van ’n stoompot of stoomketel) gedra
word, waar dit tot ’n vloeistof kondenseer.
Die vloeistof, wat bestaan uit plantolies en
water, word opgevang. Die vlugtige olies
dryf bo-op die water in ’n dun lagie, wat
afgeskei moet word.
Die oes van laventel vir doeleindes van
vlugtige olie word gedoen wanneer die
blomme goed ontwikkel is en wanneer
die onderste helfte van die blom begin
oopmaak, gewoonlik aan die einde van
Desember en vroeg in Januarie, afhang
end van die seisoen. Oesbeplanning
gedurende goeie weerstoestande is van
die uiterste belang, veral in die geval van
groot plantasies, aangesien die kwaliteit
en ekstraksie-effektiwiteit van die olie
verlaag wanneer water daarmee in kontak
kom gedurende die voorverhittingstadium
van distillasie. Die kwaliteit en graad van
die vlugtige olie wat onttrek word uit ’n
laventelplant, word bepaal deur die inten-
siteit en geur wat dit vrystel.