Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 12

NUUS Helde in wording Senwes se nuwe TV-advertensie weerspieël die “welwillendheid wat nog tussen gewone mense heers, dit herinner ons daaraan dat gewone mense ongewone dinge kan doen... dit is klein goedjies soos dié wat ’n golf kan veroorsaak wat nie voorsien is nie en ook nie gestop kan word nie”. So sê Francois Strydom, Senwes Groep HUB, oor die maat­skappy se nuwe televisie-advertensie wat vanaf April 2018 op die TV uitgesaai sal word.  Deur Marlon Abrahams “W at dit selfs meer betekenisvol maak is dat ons onsself in ’n volatiele politieke situasie bevind, waar alles onseker is - tog is die opregte vreugde en vriendskap tussen twee seuns ’n baken van hoop wat ’n werklike verskil kan maak. Senwes gaan nie oor geldmaak nie - ons gee om 10 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 oor die manier waarop ons ons klante en kliënte behandel en, bo alles, strewe ons daarna om 'n positiewe verskil te maak in die lewens van gemeenskappe waarin ons besigheid bedryf. Ons het die twee gebeurtenisse - die reddingspoging van die seuns en Seun se entrepreneurskap, gebruik om ons visie te deel, naamlik om ’n verskil in die lewens van mense te maak.” Die insidente waarna Francois verwys het op die oggend van 4 Januarie van- jaar afgespeel, toe die Shosholoza Meyl om ongeveer 09:00 met ’n vragmotor gebots het naby Geneva-stasie, tussen Hennenman en Kroonstad. Een-en-twintig mense het hul lewens verloor en meer as 250 mense is beseer. Twee plattelandse helde het egter uit hierdie tragedie te voorskyn gekom. Twee 12-jarige seuns het, sonder om twee keer te dink, na die toneel gehaas en begin om slagoffers uit die wrak te help, wat intussen 12