Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 11

NUUS Agri-gespreksforum by Nampo D is weer die tyd van die jaar wanneer alle paaie na Nampo lei. Suid-Afrika se gere­spek­ teerde agri-gespreksforum, Nasie in Gesprek, sal weer regstreeks vanaf Nampo uitsaai gedurende die vier dae van die Nampo Oesdag. Die tema vanjaar is: “Die rol en bydrae van landbou in die verdieping van ons demokrasie en die versterking van ons Suid-Afrikaanse ekonomie.” Vir die volle- dige program en temas van die bespre- kings, sowel as uitsaaidatums en -tye, besoek www.nasieingesprek.co.za. Daar is verskeie sub-temas wat be­spreek sal word deur gespreksleiers en paneel­lede, wat later bevestig sal word. Die tema van die eerste sessie van die eerste dag op 15 Mei is Transformasie en integrasie, op ’n verantwoordelike wyse. Beleidsake en scenario's wat bespreek sal word, is hoekom landbou in SA werk, of dit beter werk as in ander Afrika-lande en waarom ons dit wat ons het, moet waardeer en koester. Tydens die tweede sessie van die eerste dag is die sub-tema ’n politieke debat oor aspekte wat landbou in SA beïnvloed en hoe dit oorkom kan word om ’n voorspoedige toekoms en 'n gesonde landbousektor te verseker. Die eerste sessie van die tweede dag se oorhoofse tema is Transformasie en integrasie op ’n verantwoordelike wyse en die sub-tema is VN dekade van familie­ boerdery – Beleid moet die individu beskerm. Arbeid, besigheid en regering sal bespreek word. Tydens die tweede sessie word die stories, inspirasies, toe- koms en sleutel tot sukses van inspireren- de vroue in landbou bespreek. Die eerste sessie van die derde dag se oorhoofse tema is: Produsente bestuur nie plase nie, hulle bestuur data. Die sub- tema is Die belangrikheid van ekonomie van skaal: Groot teenoor klein. Die Indiese model word as voorbeeld bespreek, asook wat die voordele is van ekonomie van skaal. Die tweede sessie se sub-tema is: Hoe sal tegnologie landbou soos ons dit ken, verander? Die oorhoofse tema van die eerste sessie op dag vier is: Die toekoms van landbou: die jeug. Hoe sien die jeug land- bou in SA? Grondhervorming, transforma- sie, voedselsekuriteit, werkverskaffing en geleenthede is van die sake wat bespreek sal word. Die produksie van Nasie in Ge­sprek by die Nampo Oesdag word vanjaar moont­lik gemaak deur die volgende borge: Senwes, AFGRI, Nedbank, Mon­san­to, Hinterland, Engen, Imperial Isuzu en Graan SA. NASIE IN GESPREK @ NAMPO OESDAG 15 – 18 MEI, NAMPO PARK “Die rol en bydrae van landbou tot die versterking van die Suid-Afrikaanse ekonomie en die vaslegging van ons land se demokrasie.” BESOEK WWW.NASIEINGESPREK.CO.ZA VIR VERDERE INLIGTING Platinum Vennote WEES DEEL VAN DIE GESPREK. LAAI DIE TOEP AF: Goue Vennote In samewerking met SENWES SCENARIO | HERFS 2018 09