Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 10

LANDBOUKUNDIG
07 | Kripbestuur van voerkrale
Adviesdiens vir herkouervoeding
Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter .
Voerprosessering , voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer
ONTWERP VAN VOER- EN WATERKRIPPE ᾿n Reg ontwerpte voerkrip is noodsaaklik vir goeie kripbestuur . Die kripspasie in ᾿n kraal moet ± 250mm per bees wees . Al die diere vreet nie gelyk nie en is daar ’ n onderlinge rangorde , wat binne ’ n paar dae bepaal word , wat die vreetgedrag en vreetroetine in ’ n kraal bepaal . Die bakmaat van die krip moet ook ten minste 70 % van die swaarste diere se daaglikse rantsoen ( tweede voeding ) maklik sonder vermorsing kan hou . Voer wat uit die krip mors , is onnodig . Oor naweke met beperkte mannekrag en werkstyd , kan hierdie maatreël ’ n probleem veroorsaak . Die vloer by die krip moet vir ten minste 2.5 tot 3 meter met ’ n sementvloer uitgelê wees wat maklik dreineer en afdroog . Vars water moet daagliks beskikbaar wees en weg van die voerkrip af . Waterkrippe lek dikwels wat ’ n broeiplek vir parasiete is en vermy moet word . Groen alge vorm ook maklik in waterkrippe wat gereeld skoongemaak moet word . Kraaldigtheid is belangrik om onnodige sosiale spanning te bestuur . Voldoende oppervlakte per dier is nodig ( 10 – 15m 2 , gemiddeld 12.5 m 2 ). Met nat weer kan diep mis / modder ontstaan . Diere hou nie daarvan om in modder te staan nie en moet mis wat opbou met tyd verwyder word . Modder in krale inhibeer voerinname betekenisvol . Die vloer in die kraal word fyngetrap en veroorsaak gedurig stof wat voldoen de met byvoorbeeld waterspreiers beheer kan word .
IDENTIFISERING VAN SIEK DIERE Deel van kripbestuur is om siek en onaangepaste diere daagliks te identifiseer . Die algemene siektes wat voorkom is rumenaanpassing ( pap mis en opblaas ), infeksieverwant ( longe , pote ) of fisiese besering . Hoe gouer ‘ n dier geïdentifiseer of ‘ getrek ’ word en die nodige behandeling kry , hoe gouer kan die dier herstel .
Dr . Kobus Swart 083 262 0946 • kobus @ mixcure . co . za
REKORDHOUDING ’ n Belangrike deel van kripbestuur is die rekordhouding van daaglikse waarnemings van voerinname en welstand van diere . Hierdie syfers gee belangrike tendense weer wat bestuur moet word om oor tyd die produktiwiteit en winsgewendheid van die voerkraal te verbeter .
08
SENWES SCENARIO | HERFS 2018