Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 9

••• • • N UUS • • Nampo gerat vir die volgende 50 jaar SPOG MET ‘N NUWE BAADJIE EN TALLE NUWIGHEDE IN 2017 MET DIE GESKIEDKUN- DIGE 2016 NAMPO OESDAG WAARTYDENS DIE 50-JAARVIERINGE NATUURLIK DIE BOTOON GEVIER HET, HET NAMPO DIE PAD OMTRENT UIT- GELÊ VIR DIE VOLGEN- DE 50 JAAR MET TALLE NUWIGHEDE BY DIE 2017 NAMPO OESDAG, WAT VANJAAR VAN 16 TOT 19 MEI PLAASVIND. AUBREY KRUGER D ie bestuurder van Nampo in 2017, Du Toit Wessels, noem dat die eerste merkbare verandering die kenteken van Nampo is. Die bemarkingspan het met ’n verfrissende nuwe kleur en geur vorendag gekom met omtrent al die kleure onder die son, wat ‘n lewendige voorkoms aan die kenteken gee. Wessels verklaar dat hulle ook die Graan SA logo baie uniek en ‘funky’ by die Nampo logo geïnkorporeer het. “Nampo is immers een van die beste han- delsmerke in landbou,” bevestig Wessels. Nog ’n nuwe ding is natuurlik die leuse - Ontvou die toekoms - oftewel Unfold the future in Engels. Dit weerspieël die nuwe visie van Nampo, koppelend met die volgende halfeeu wat Nampo tegemoet gaan en waarvan die nuutste innovasie, tegnologie en inligting deel vorm. Hierdie nuwe leuse pas ook mooi by die nuwe kleurvolle handelsmerk van Nampo 2017. ’n Ander nuwe geur is dat die fees weer met ’n damesprogram pronk vir die eerste keer sedert 2014. ’n Voormiddagprogram (09:30 tot 13:00) sal aangebied word, wat dan aan vrouens die kans sal bied om ook bietjie rond te stap. Dan is daar ook ’n nuwe 4x4-baan vir vierwiel motorfietse en ‘side-by-sides’ wat naby die saadplotte by die Suidhek sal plaas­vind. Buitelandse uitstallers is ook in hulle getalle daar met Kanada (met selfs ’n Kanadese pawiljoen), die Verenigde Koninkryk, Indië en Rusland die nuwelinge, bo en behalwe die buitelanders waaraan ons al gewoond geraak het oor die laaste paar jaar, naamlik Argentinië/ Israel/ Verenigde State van Amerika asook Italië. Daar sal vanjaar meer as 700 uitstallers wees. Radiostasies is daar ook te kies en te keur, met Pretoria FM wat ook aan boord is. Nog ’n radio- stasie is in die pyplyn, sowel as ver­dere radiostasies wat die immergewilde landbougespreks­ program, Nasie in Gesprek, sal dek. Dan het die Toyota Veeplaas GSA Afslaerskompetisie vanjaar ’n internasionale kleur en die wenner sal teen die wenners van Namibië, Botswana, Argentinië en die VSA meeding. Daar sal ook internasionale keurders in aksie wees. Nog ’n bykomende innove­ ring is die doelwit om na ’n kontantlose omgewing te beweeg met Masterpass en van- jaar sal die eerste oorgangsjaar wees vir die implementering van die stelsel. Die verhouding is tans 20/80%, met 20% wat hulle kaartjies voor die tyd aanskaf. Die doelwit is om meer na ’n 50/50% verhouding te beweeg met die ideaal natuurlik 80% wat voor die tyd hulle kaartjies bespreek. Vanjaar is die toegangsgeld vir die Dinsdag en Vrydag R100, betaalbaar by die hekke en die Woensdag en Donderdag beloop hekgelde R110. Jy betaal egter ’n volle R15 minder per kaartjie mits jy reeds voor die tyd jou kaartjies by Ticketpro koop, wat beteken dat die toegangsfooi slegs R85 vir die Dinsdag en Vrydag beloop en R95 vir die Woensdag en Donderdag. Die hekke is daag- liks oop van 07:00 tot 17:00 - so, kom geniet Nampo in al sy glorie in 2017. Vir meer inligting besoek www.nampo.co.za of www.ticketpro.co.za. SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017 7