Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 8

•••• NUUS Senwes wéér deel van Nasie in Gesprek by Nampo SENWES IS VAN- JAAR WEER EEN VAN DIE BORGE VAN DIE LAND SE TOONAANGE- WENDE LANDBOUPRO- GRAM, NASIE IN GESPREK, WAT REGSTREEKS VANAF VERSKEIE PLATFORMS SAL UITSAAI GEDURENDE DIE NAMPO OESDAGFEES WAT VANAF 16 TOT 19 MEI AANGEBIED WORD. MARLON ABRAHAMS EN AUBREY KRUGER D ie reeks, wat nou al vir die laaste vier jaar uitgesaai word, het in belangrikheid gegroei tot een van die grootste rolspelers in die bedryf en hoofstroom eko­­no­mie. Vanjaar kan kykers uitsien na paneelbesprekings met onder meer die volgende temas: BORGE VAN NASIE IN GESPREK OP NAMPO 2017 PLATINUM VENNOTE GOUE VENNOTE FASILITEITE VOERTUIE VIP AREA 6 Finansies: Arbeid, Diversifikasie en Beplanning; Van Kommoditeite tot die Handelsmark; Die Rol van Raadgewers, Tegnologie en Grondgesondheid; Ystervroue in Landbou; Fokus op Jeug: ’n Toekoms in Landbou; Die Politieke Wil asook Suksesvolle Transformasie-inisiatiewe. Hierdie onder­werpe sal gefasi- liteer word deur ’n aantal geloof- waardige aanbieders en gaste soos: Carte Blanche se Derek Watts; 702 en Cape Talk se Eusebius McKaiser; die voormalige Nasie in Gesprek gasaanbieder en media­ kenner Jeremy Maggs; die HUB van Galileo Capital, Theo Vorster asook die voormalige politikus en huidige voorsitter van die In Transformation Initiative, Roelf Meyer; Money Talk-aanbieder Bruce Whitfield; Nasie in Gesprek se mede-aanbieder Mpumelelo Mkhabela en Power FM persoon- likheid, Andile Khumalo. Suzanne Paxton van RSG sal elke dag om 07:00 en weer om 13:00 regstreeks vanaf Nasie In Gesprek vanaf Nampo uitsaai. Van die belanghebbendes wat in hierdie reeks verteenwoordig gaan word, sluit in verteenwoor- digers van denkleiers in die bedryf soos Senwes, Monsanto, AFGRI, Engen en Nedbank. Vanjaar se produksie van Nasie in Gesprek by die Nampo Oesfees is moont- lik gemaak deur die volgende borge: Senwes, AFGRI, Nedbank, Monsanto, Hinterland, Engen, Imperial Isuzu en Graan SA. Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek. co.za en laai die toepassing af om by die gesprek aan te sluit. APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario IETS VIR ALMAL BY SENWES GRAINLINK SE STALLETJIE INDIEN JY OOIT gewonder het hoe ’n graansilo lyk en hoe die masjienerie daarbinne werk, moet jy verseker ’n draai by die Senwes Grainlink stalletjie maak. Kom kyk na ons skaalmodel van ’n silokompleks en geniet ook ’n 360 virtuele realiteits toer deur ’n silo om die graanhanteringsaktiwiteite te ervaar. Ons kundige graanver- krygers sal u oudergewoonte van advies bedien en die nuutste graanpryse en verwagte tendense met u bespreek. Verder is die gewilde markspe- letjie terug. Kom speel saam en staan ’n kans om een van vier han- dige weerstasies te wen. Hierdie toestelle monitor onder andere reënval, temperatuur en humidi­ teit 24 uur per dag, terwyl die data elektronies bewaar en afgelaai kan word. Met die hedendaagse stortvloed van toepassings, webblaaie en ander besigheidsapplikasies, bied ons ’n gerieflike hulpmiddel in die vorm van QR-kodes wat jou direk na die verlangde applikasie sal neem. Ons vriendelike span staan reg om jou behulpsaam te wees met die opstel en gebruik van hierdie nuttige tegnologie. Ons nooi jou uit om ons stalletjie te besoek en al die interessanthede te kom geniet.