Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 62

•••• RUBRIEK
FOTO : LEEF

Om te blý hoop !

60
MILANIE VOSLOO
IN ‘ N WÊRELD WAAR ONS NIE ALTYD BEHEER OOR ALLES HET NIE EN DINGE SKEEF LOOP , KAN ONS MET TYE BELEEF DAT ONS MOEDELOOS “ GEHOOP ” IS .

Verál as ons bid en voel of ons nie antwoorde kry nie , vra maar nie ’ n uitkoms sien nie , met God probeer praat , maar beleef dat Hy vêr is . In sulke tye struikel ons oor eie ongeloof , ons twyfel , ongeduld ... ons menslike moedeloosheid .

En dan – totaal onverwags en op ’ n verrassende wyse – kom die antwoord . Wys God dat óns nie self kon nie , maar dat Hy kan . Dat ons menslike beperkinge ons verhoed het om kreatiewe antwoorde te kry , maar dat Hý alwetend is . Dat gebroke mense ontrou is , maar God ... nóóit . Dan besef ons weer dat Hý toe wel in beheer is . Wéér beter geweet het . Die beste gedoen het . Op presies die regte tyd .
Ons as gelowiges se grootste uitdagings is dikwels om onsself gedurig daaraan te herinner dat God Gód is . Dat Hy , wat die hemelruim geskep is , steeds die ganse skepping tot in die fynste detail onderhou . Dis die onthou van gister se trou , wat ons laat besef dat Hy ook die God van môre is . En dis die stille wete dat Hy groter is as al ons uitdagings wat ons help om te blý hoop .
Die waarheid is : Jou God ken jou soms moedeloos-wees en onbeantwoorde vrae . Maar jou Vader weet ook wanneer jy , jou situasie , die mense om jou , die lewe ... die éwigheid ... gereed is vir die regte antwoorde .
Mag jy aanhou hoop . Selfs wanneer jy niks verstaan nie ; wanneer jy antwoordloos die toekoms instaar ; wanneer daar geen bewyse is nie . Mag jy juis dán bly vashou aan die wete dat die opgestane Here jou steeds veilig in Sy hand hou en dag na dag met jou ’ n pad loop .
Onthou vandag : Daar is nie ’ n einde nie ... totdat God so sê . Dit is nie donker nie ... want die Lig bly steeds daar . Die toekoms is nie hopeloos nie ... Die Hoop is in ons .
Vader – dankie dat ek met vertroue kan hoop ; met verwagting my pad kan loop . Omdat ek U kind is . U my hoop is .
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario

Wen ’ n boek

STAP DIE PAD na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreugde . In Jou Voetpad na VREDE vertel sy dat God wil hê Sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees .
Die 366 dagstukke bespreek verskeie temas soos hoop , eerlikheid , nuut glo , gee en ontvang , geluk en jy kan maar net jý wees . Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelowiges weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef , dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oomblikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei .
Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou Voetpad na VREDE hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit Sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van Sy liefde en genade-arm om hulle .
Die boek behels 366 dagstukke in ’ n lekkerlees 412-bladsye uitgawe waarvan die vrystellingsdatum in Augustus is . Dit sal vir R189.95 op die rakke wees . Die boek volg op Milanie se Sielskos vir die vrou wat lééf , Laat Sy liefde jou lei , Gekoester in God se liefde , Moed vir elke môre , Net soos jy is en Sielsgedagtes .
Wen met Senwes en Cum Uitgewers . Een gelukkige leser kan ’ n kopie van Jou Voetpad na VREDE , 366 koesteroordenkings op jou reis saam met die God van vreugde , wen . SMS Senwes , Cum , jou naam , telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Mei 2017 .
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie . Vir die volledige kompetisiereëls , besoek die webtuiste www . senwes . co . za .