Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 61

••• • • T UIN W E N K E • • WEN EEN VAN DRIE HANNON GESKENKPAKKE Vanaf Maartmaand in jou tuin L aat Herfs is hier en dit is voorwaar ’n opwindende tyd op jou tuinkalender. Dit is ’n perfekte tyd om jou agapanthus, Irisio Campa­ nula en asters terug te sny, uit te haal en op te breek en terug te plant in baie goed voorbereide grond, kompos, organiese bemesting, ensovoorts. Jou winter-/lentetuin moet ook nou beplan en voorberei word. Saai dus nou pronkertjies, papawers, primulas, fox gloves, larkspur en Namakwalandse daisies. Indien jy hierdie aanwysings volg, is dit regtig maklik en ’n plesier om die sade te sien ontkiem om volwaardige plante te word. Dit is ook ’n goeie tyd om grassaad soos “shade-over” en “all season evergreen” te saai, aangesien dit beter ontkiem in koeler weer. Plant nou bome en vorm struike sodat hulle kan vestig en ’n voorsprong kan hê as die lente begin. Bemes die tuin liberaal aangesien dit die plante sterker maak vir weerstand teen die koue. Sit ook ’n dik laag mulch om die voete van die plante om hul teen die koue te be­ skerm. Die wintergroentetuin moet ook nou reeds beplan word. Saai dus nou reeds jou spinasie, blaarslaai, beet asook die hele familie kool en uie. ’N PAAR LAASTE WITWARM VOORSTELLE Indien jy bolle gaan plant, stof dit af met ’n insekdoder om te verhoed dat hulle aangeval en vernietig word deur wurms en insekte. Maak al jou waterbakke, fonteine, ensovoorts skoon voor die koue ons tref. Geniet die seisoen en hou aan tuinmaak. Groete Carl Die HANNON Scar Repair Tissue Oil absor- beer vinnig en funksioneer soortgelyk aan die vel se beskermende natuurlike lipiedlaag. Dit bevat ook bestanddele wat kollageen en elastienvorming onder die vel aanhelp en so bestaande littekens en rekmerke verminder. Die effek is ’n vel wat aansienlik gladder ver- toon met ’n meer eweredige tekstuur en kleur. As gevolg van die kalmerende en bevogten­ de eienskappe van die Hannon Scar Repair Tissue Oil, help dit ook om velkondisies soos psoriase en droë ekseem te behandel. SMS Senwes, Hannon en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 31 Mei 2017 om ’n kans te staan om een van drie geskenkpakke van HANNON Scar Repair Tissue Oil ter waarde van R275 elk te wen. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls besoek die webtuiste www.senwes.co.za. DIE WENNERS VAN DIE VORIGE UITGAWES VAN DIE SENWES SCENARIO IS AS VOLG: (Februarie/Maart 2017): CUM: Joey Delport van Lichtenburg. Hannon: Madelein Oosthuizen van Koppies en Jacoba Boshoff van Bloemfontein. BAIE GELUK! SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017 59