Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 6

•••• HOOFARTIKEL

SENWES BREEK NUWE GROND met notering op ZAR X

4
SENWES NEEM DIE LEIDING OM VAN LANDBOU ’ N
Senwes Groep HUB , Francois Strydom , lui die klok by die ZAR X beurs om die notering van Senwes en Senwesbel op ZAR X aan te dui . By hom is Senwes Groep Hoof Finansiële
Beampte , Corné Kruger , Senwes Voorsitter , Danie Minnaar en ZAR X HUB , Etienne Nel .
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario
Senwes en Senwesbel se aandele verhandel op ’ n gelisensieerde beursplatform , ZAR X sedert 20 Februarie 2017 . http :// senwes . co / zarx
NUWE BATEKLAS TE MAAK .

Senwes en sy houermaatskappy , Senwesbel , was die eerste maatskapye wat op Suid-Afrika se eerste addisionele aandelebeurs in amper 60 jaar genoteer het tydens ’ n funksie wat op 20 Februarie 2017 by ZAR X se kantore in Bryanston gehou is .

Senwes Groep HUB , Francois Strydom , sê dat die geleentheid ’ n belangrike dag in die geskie de nis van beide die Senwes Groep en ZAR X is . “ Die feit dat ons eerste op Suid-Afrika se nuwe aandelebeurs genoteer het , bewys die waarde wat ons heg aan innovasie tot voordeel van ons belanghebbendes en die land in die algemeen . Alles wat ons doen is gefokus op die verskaffing van baanbrekende , geïntegreerde oplossings vir voedselprodusente en ander rolspelers in die voedselwaardeketting , ten einde ’ n kompeterende voordeel teweeg te bring vir alle betrokkenes .
“ Op hierdie wyse kan ons die volhoubaarheid van die bestaan van die gemeenskap , die omgewing en sosio-ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap waarin ons besigheid bedryf , verseker . ZAR X se vars en praktiese benadering tot notering het ons van ’ n nuwe , bekostigbare en lae risiko-manier voorsien waarop ons ons strategie kan dryf en , in die proses , addisionele waarde te ontsluit vir ons bestaande aandeelhouers . Ons breek gesamentlik nuwe grond vir landbou in Suid- Afrika ,” sê Francois .
Francois voeg ook by dat : “ Die voordeel van die aankoop van aandele op ’ n gelisensieerde aandelebeurs vir die belegger is dat ’ n groter poel kapitaal na die mark kom , wat beteken dat pensioenfondse en effektetrusts byvoorbeeld Senwes aandele kan koop . Die voordeel vir die belegger is dat die aandeel meer likied is . Die ZAR X voordeel is dat die platform ’ n veilige omgewing bied waarin aandele elektronies verhandel kan word ; dit is ’ n papierlose omgewing en gebeur op ’ n intydse basis . Aandeelhouers kan ook die Senwes aandeelprys gratis sien op die ZAR X webblad .”
ZAR X HUB , Etienne Nel , sê dat die notering van die Senwes Groep nuwe grond breek in ’ n aantal gebiede van die Suid-Afrikaanse besigheidslandskap . “ Meer as twintig jaar se ondervinding in oor-die-toonbankverhandeling by BJM het ons laat besef dat daar ’ n behoefte in die Suid-Afrikaanse kapitaalmark is vir addisionele produkte met ’ n nuwe benadering tot notering en derhalwe verhandeling . Vraag en aanbod het fundamentele markkragte in werking laat tree , tesame met prysbepaling van sagtekommoditeite ,” sê Etienne .
Etienne voeg by dat : “ Hedendaagse landboubesighede is gefokus op waardeskepping vir alle belanghebbendes . Landbou word derhalwe ’ n belangrike bateklas vir beleggers , wat natuurlik ’ n opbrengs wil verdien en terselfdertyd ’ n sosiale impak wil maak . Senwes is dus ’ n ideale beleggingsvoertuig en ons is trots daarop dat , deur dit in staat te stel om te noteer deur ons vereenvoudigde wyse van aandeelverhandeling , ons ’ n presedent skep vir Suid-Afrikaanse landbou om toegang te verkry tot groeifondse wat normaalweg slegs bekombaar is via tradisionele bankfinansiering .”
Vir meer inligting , kontak asseblief vir Elmarie Joynt , Senwes Groep Regsadviseur en Groep Maatskappysekretaris by tel : 018 464 7104 of per epos haar by Elmarie . joynt @ senwes . co . za