Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 58

•••• T OEK OM SF OK US > VERVOLG VAN BLADSY 55 ontsluit”. 56 Die huidige regering het die man- daat om ’n verandering te maak en hulle het ook die vermoëns... maar die wil om te implementeer is gehul in die mis van politieke ambisie en retoriek. Agri SA se Omri van Zyl sê dat boere met ’n gesamentlike stem moet praat en vrae aan die regering moet vra soos “Wat het met die fondse gebeur wat as droogtehulp belowe is?” en “Wanneer word beplan om infrastruktuur soos paaie te onder- hou, wat krities is vir boerdery- sukses en waarvoor ons belasting betaal?” Dit is tyd om die regering aanspreeklik te hou. Hierdie kwessies gaan nie oor die kleur van ons vel nie - dit gaan oor die kern van die saak: Boere wil hê dat die landboulandskap moet transfor- meer, op ’n vreedsame wyse, en wil in ’n omgewing wat bevorderlik is vir sukses vir alle partye, boer. BFAP se boodskap aan die regering is eenvoudig: “Voorsien ’n bemagtigende omgewing (’n regering wat beter funksioneer, sonder rompslomp en oneffek- tiewe prosesse), implementeer ’n reeks modelle vir die oordrag van grond na begunstigdes en elimineer politieke beskerming van grondhervormings- en land- bouprogramme. Dan sal ons ’n groeiende en vooruitstrewende landbousektor sien, wat vrugbare grond verskaf waarin boere hul wortels kan anker.” Dié visie behoort ruimte te skep vir boere om te kan hoop! “Daar is ’n seisoen vir alles en ’n tyd vir elke begeerte onder die son: ’n tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterf; ’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te ruk wat geplant is; ’n tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak; ’n tyd om af te breek en ’n tyd om op te bou” (Prediker 3). Dit is nou tyd om te bid... en tyd om te praat. Ondersteun dus die organisasies wat jou ’n stem gee!