Senwes Scenario April / Mei 2017 - Page 57

••• • • T O E K O MSF O KUS • • Dit is nou tyd om te bid... en tyd om te praat. Ondersteun dus die organisasies wat jou ’n stem gee! woonhuis te beveilig weens die toenemende gevalle van diefstal en bedreiging van persoonlike veilig­ heid. Die waarheids is: Boerdery vereis totale toewyding en daar is nooit een oomblik waartydens die boer hom nie hoef te bekommer oor een of ander besluit nie. Moet ons vandag, môre, volgende week plant/bespuit/oes? Moet ek my oes vandag verskans? Gaan die pryse styg of daal volgende week? Moet ek alarms installeer vir ver- beterde sekuriteit? Hoe effektief is sekuriteitsmaatskappye? Moet ek grond koop/verkoop? Hoe ernstig is hierdie bedreiging vir grondei- enaarskap? Moet ek verkoop... of die regte ding doen en werk skep... maar dan is ek blootgestel aan arbeidsprobleme en plaaswer­ kers wat ’n aandeel in die boerdery moet kry... Ek kan skaars oorleef in die huidige ekonomie, hoe kan ek hierdie proses fasiliteer? Boere staar net soveel uitdagings in die gesig as ’n besigheidsman wat onder uiterste druk is om die antwoord vir oorlewing te vind en enigiemand wat glo dat boerdery ’n maklike loopbaan is... is blind vir die werklikheid! Waaroor bekommer boere hulle tans? ’n Saak op almal se lippe is die grondkwessie. Menige slaaplose boer bevraagteken die wysheid daarvan om aan grond vas te klou wat moontlik sonder vergoeding onteien kan word... Nkwinti, se uitspraak in die Algemene Vergadering dat “ ’n pre-koloniale oudit van grondei- enaarskap, gebruik en besettings- patrone” uitgevoer moet word en ’n wet ontwerp moet word wat die kwessie van grondrestitusie sonder vergoeding moet aanspreek. Hy wys daarop dat Ramaphosa die vraag omseil het toe hy uitgevra is oor onteiening sonder vergoe­ ding deur te sê: “ ’n Wysiging van die Grondwet is ’n strategie... die implementering van dit wat die Grondwet bepaal, is ’n ander stra­tegie.” Landman glo dat “die ba­lans van magte tans daarteen is om die Grondwet te wysig”. Dit word versterk deur die ANC beleids­dokumente wat vryges- tel is, wat die volgende aandui: ‘Daar is geen ‘verandering in die Grondwet’ of ‘onteiening sonder goedkeu­ring’-voorstelle nie... Dit gaan oor ‘gee die grond terug aan die mense op Grondwetlike wyses’. Landman beklemtoon ook Afdeling 25 (2) van die Grondwet, wat spesifiseer dat vergoeding ‘regverdig en billik’ moet wees. Die gewillig koper, gewillige verkoper-bedeling word nêrens in die Grondwet aangedui nie. Theo Boshoff van Agbiz beklemtoon dat Afdeling 25-‘meganismes met sorg ontwerp is om transformasie en herstellende regverdigheid te verseker op ’n regverdige en billike wyse, gebaseer op internasionale norme en standaarde.’ Politieke analis JP Landman het hierdie saak ondersoek. Hy beklemtoon Zuma se SONA 2017-wens om “die grond aan die mense terug te gee op ’n Grondwetlike wyse” en die Minister van Grondsake, Gugile By die 2017 Graan SA Kongres het Voorsitter, Jaco Minaar, beklemtoon dat die organisasie beslis NEE sê vir grondonteiening sonder vergoeding. Hy het be­klem­toon dat ’n toenemende aantal plase in die mark beskik- baar is om deur die regering ge­koop te word vir grondhervor­ mingsprogramme, maar hierdie geleentheid word nie gebruik nie. Minnaar het ’n stem gegee vir die oorweldigende druk wat deur boere ervaar word deur te assosieer met die wyse waarop boere sonder ophou in ’n negatiewe lig gestel word en gebrandmerk word as die sondebokke in die stadige grond- hervormingsproses. Die Landbouvooruitskouing, uitgegee deur BFAP (http:// www.bfap.co.za), beklemtoon dat Suid-Afrikaanse landbou goed presteer het, ten spyte van wêreld- mededinging en ongunstige kli- maatstoestande, en is optimisties oor die vermoë van produsente om die voedselsekuriteitskwessie op te los. Dit beklemtoon egter ook dat onsekerheid onder boere oor die grondeienaarskapkwessie meebring dat boere huiwerig is om nuwe kapitaal te belê in projekte soos die vervanging van boorde, werkverskaffingspatrone of arbeidsitensiewe oeste. Die druk en verantwoordelikheid vir grondhervorming en transfor- masie wat op kommersiële boere geplaas is, blyk ’n poging te wees om die aandag af te lei van die inherente swakhede van mislukte implementeringstrategieë van die regering. BFAP sê: “Baie van die aspekte wat groei beperk het, kan omgedraai word deur ’n effektiewe burokrasie en duidelike en direkte leierskap“ en “Klein dingetjies wat nie verdere versoeke aan die tesourie verg nie, maar slegs die herbelying van hulpbronne het die potensiaal om groot opbrengste te lewer deur potensiële groei te > VERVOLG OP BLADSY 56 SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017 55