Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 56

•••• T OEK OM SF OK US Geen idilliese landelike lewe: Dis tyd om die realiteit te besef! JENNY MATHEWS SEKERE VOOROORDELE LAAT MY ROOI SIEN EN EK GLO DAAR IS SEKERE MITES WAARMEE DRINGEND WEGGEDOEN MOET WORD! EEN DAARVAN IS DIE IDEE DAT BOERE WAT DAAGLIKS HARD WERK OP DIE LANDE, 'N VREEDSAME EN RUSTIGE LEWE LEI... HULLE SIT OP HUL TREKKERS EN NEURIE EN WANDEL RUSTIG TUSSEN HUL BEESTE WAT WEI... DIS ’N ILLUSIE WAT GOU AAN SKERWE MOET SPAT. 54 D it is eintlik harde werk - maar deesdae neem hierdie aktiwiteite slegs sowat 10% van die boer se dagboek in beslag! Moderne boere is waarskynlik besig met netwerk­ aktiwiteite of hulle ondersoek nuwe presisieboerderybenade­ rings of bekom nuwe vaardig­ hede, waarvoor die nuutste innovering en tegnologie gebruik moet word. Die boer spandeer baie selde ’n stil, afgesonderde APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario dag; hy is eerder in konstante kontak met tendensanaliste, diensverskaffers en markagente. Die daaglikse druk is hoog terwyl die boer alle pogings aan- wend om teen alle verwagtinge in, te oorleef in ’n ekonomies en polities uitdagende omgewing. Geld wat eerder gespandeer kan word op plaasverbeterings of sosiale verantwoordelikhede, moet aangewend word vir verbeterde sekuriteit om die