Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 54

•••• ' N BO E R M AAK '   N P L A N My beroepslewe is aangetas! DS. CAREL BOTMA “E k het alles gehaat waar- mee ek my in hierdie wêreld met soveel sorg besig gehou het... alles kom tot niks, dit is ’n gejaag na wind.” (Prediker 2:17 tot 22) Die eerste indruk wat ’n mens kry wanneer jy hierdie Skrifgedeelte en in die besonder dié vers lees, is dat die skrywer hiervan geweldig ontnugter in die lewe en sy werk moes gewees het. Hy vind homself vasgevang in die groot ratwerk van die lewe waar die nimmereindigende siklus van geboorte, arbeid en dood besig is om hom fyn te kou en in te sluk. Op die oog af lyk dit asof dit vir hom een lang marteling is: “Ek het die lewe gehaat, want alles wat in hierdie wêreld gebeur het, het vir my sleg afgeloop.” (Vers 17). seerde lewe wat ek daar leer ken het. Die plaaslewe wat ek onthou was gekenmerk deur ’n rustige bestaan waar boere met die mini­ mum insetkoste kon boer. Hulle het hulle graan verbou, hulle vee geteel en kon dit winsgewend bemark. Selfs die kleinboer was in staat tot vooruitgang. En nou wil ek nie impliseer dat daar nie iets soos droogte of ander terugslae was nie. Dit was verseker toe ook ’n deel van die boer se risiko’s. Hulle was toe egter nie so kwes- baar vir die moontlike terugslae as wat tans die geval is nie. Daar is seker vandag nog mense soos ek wat terugverlang na die geïdeali- seerde plaaslewe van melk en heu- ning, maar in