•••
• •
D RUPPE L S O P D IE DA K • •
Hoe verloop
die seisoen?
THYS GROBBELAAR
SENIOR GRAANANALIS, SENWES
GRAINLINK
REËNVALVERLOOP HIERDIE SEISOEN
Die tradisionele Senwes-gebied was
hierdie seisoen baie gelukkig wat
reënval aanbetref. Die hele gebied het
tot op hierdie stadium meer as die
langtermynreënval ontvang. Veral die
sentrale gedeelte van die gebied het ver
bo die langtermyngemiddeld ontvang.
In die sentrale gedeelte van die gebied
is daar selfs dele wat versuipskade
ondervind. Die suid-westelike gedeelte
van die tradisionele Senwes-gebied het
egter minder reën as die res van die
gebied ontvang. ’n Baie goeie oes word
oor die algemeen verwag.
Daar was min reën in Maart en die
grootste gedeelte van die tradisionele
Senwes-gebied het minder reën as die
langtermyngemiddeld ontvang. Dit
is veral die westelike gedeelte van die
gebied wat minder reën ontvang het.
Met ’n gewastoer wat gedoen is, is dit
duidelik dat daar wel aanplantings in
die gebied is wat nog reën nodig het.
Sou dit nie reën nie, kan opbrengsver-
liese hier en daar verwag word. Die
oes as geheel lyk baie goed en is daar
enkele kolle waar daar opbrengsverliese
verwag kan word as dit nie verder reën
nie.
> VERVOLG OP BLADSY 50
DIE KUMULATIEWE JULIE 2016 TOT EINDE MAART 2017 REËNVAL AS % VAN DIE
LANGTERMYN KUMULATIEWE REËNVAL
MAART 2017 REËNVAL AS % VAN DIE LANGTERMYN MAART REËNVAL IN DIE
TRADISIONELE SENWESGEBIED
SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017
49