Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 50

•••• GRAANMARKVOORUITSIGTE
48
April en Mei 2017 > VERVOLG VAN BLADSY 47
strooptyd aanleiding gee . Die produsent moet met sy graanbemarkingsadviseur in gereelde kontak wees om geleenthede oor die kort termyn te benut en te beplan hoe hierdie lae prysvlaksituasie die beste uitbestuur kan word onder die omstandighede oor die langer termyn . Daar is wel bemarkingsinstrumente wat onder die huidige omstandighede gebruik kan word om die huidige uiters lae prysvlakke tot ’ n mate uit te bestuur .
Oliesadekompleks
SONNEBLOM EN SOJABONE Volgens die eerste oesskatting van die NOK kan die berekende oor - dragvoorraad van sonneblom oor die 180,000 ton vir die bemarkingsjaar wees . Daar is egter
Tabel 1 : Die berekende uitvoerpariteite van Suid-Afrikaanse witmielies na Suid-
Oos Asië .
Mielie-oorsprong : Randfontein
Vragkoste voordeel
USA- $ 11
Leweringspunt : Suid-Oos Asië
Basis CBT na FOB ($/ t )
$ 22
Datum : 24 Maart 2017
Kwaliteit premie :
$ 5
VSA CBT geelmielieprys ($/ bu )
Wisselkoers
3,40
3,50
3,60
3,70
3,80
4,00
4,20
4,40
12,00
R1 571
R1 618
R1 666
R1 713
R1 760
R1 855
R1 949
R2 044
12,50
R1 657
R1 706
R1 756
R1 805
R1 854
R1 952
R2 051
R2 149
R /$
13,00
13,25
R1 743
R1 786
R1 794
R1 838
R1 845
R1 890
R1 897
R1 943
R1 948
R1 995
R2 050
R2 099
R2 152
R2 203
R2 255
R2 308
13,50
R1 829
R1 822
R1 935
R1 988
R2 042
R2 148
R2 254
R2 360
14,00
R1 915
R1 970
R2 025
R2 080
R2 135
R2 246
R2 356
R2 466
14,50
R2 001
R2 058
R2 115
R2 172
R2 229
R2 343
R2 458
R2 572
Grafiek 5 . Die langtermyn seisoensprysverloop van die sonneblom ( Spotprys ) op Safex .
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario
uiteenlopende terugvoering uit die veld oor die stand van sonneblomopbrengste wat realiseer . Daar is teleurstellende opbrengste wat vermeld word en aan die ander kant word uitstekende opbrengste ook gerealiseer . Teen die huidige sonneblomprys , wat aansienlik laer as die sojaboonprys is , word sonneblom baie fluks gepers en word goeie persmarges gerealiseer . Dit kan hopelik die sonneblomoordragvoorraad op ’ n manier wegwerk en kan pryse hopelik later herstel . Die sonneblomprys wat tans op die JSE realiseer is laer as die berekende afgeleide uitvoerpariteit . Omdat sonneblom gewoonlik dadelik deur die produsente verkoop word , is die sogenaamde stroopdrukte wat ervaar word ook hewiger as wat in die geval van mielies ervaar word . Grafiek 5 dui die seisoenale prystendens van sonneblom aan . Die sonneblomprys daal gewoonlik jaarliks vanaf middel Januarie en herstel dan gewoonlik vanaf die helfte van Mei . Die daling het vanjaar reeds gedurende die helfte van Oktober 2016 begin en duur steeds voort . Die verwagting is dat die daling gaan voortduur tot middel Mei .
Dieselfde prystendens word in die geval van sojabone waargeneem . Die NOK dui ’ n verwagte oes van 1,07 miljoen ton aan en die NAMC dui ’ n berekende oordragvoorraad van 73,000 ton aan . Die vraag en aanbod van sojabone is redelik in balans , maar nieteenstaande hiervan het die prys , net soos in die geval van sonneblom , skerp gedaal . Die sojaboonprysdaling het later as sonneblom begin , naamlik vanaf middel Januarie 2017 . Die verwagting is dat die daling gaan voortduur tot einde April 2017 soos dit waargeneem word in die geval van die langtermyn seisoenale tendens . Ook in die geval van die oliesade moet die produsent in voeling bly met sy graanbemarkingsadviseur .
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Die prysvlakke van al die somergewasse is tans onder groot druk . Die prysvlakke is in baie gevalle onder die berekende produksiekoste , veral in die geval van mielies . Uitvoere sal eers moet geskied voordat die mielieprys enige herstel gaan toon . Die wisselkoers , wat absoluut on voorspelbaar is , kan wel ’ n verandering in die prys veroorsaak . Die vraag is , na watter kant toe ? Alhoewel daar op hierdie stadium nie wonderwerke bewerkstellig kan word met betrekking tot bemarking nie , moet die produsent in voeling bly met sy graanbemarkingsadviseur . Planne kan beraam word om die lae prys op die beste wyse uit te bestuur .