•••
• •
G R A A N MA R K V O O R UI T SIGT E • •
Grafiek 3. Light sweet ru-olieprys/vat (Reuters).
Grafiek 4. Die lang termyn Julie-kontrak witmielieprys asook die 2017
prysbeweging op Safex.
bruto marge van tussen $0.39 en
$13.42 per metrieke ton. Dit is
maar ’n geringe marge en dit gaan
waarskynlik die mielieprysbewe
ging redelik beperk.
Prysdrywers in die plaaslike
graan- en oliesademarkte
WIT- EN GEELMIELIEPRYSTENDENSE
OP DIE SUID-AFRIKAANSE BEURS
Met die eerste oesskatting van die
Nasionale Oesskattingskomitee
(NOK) vir hierdie seisoen, blyk
dit dat die derde grootste oes in
die Suid-Afrikaanse geskiedenis
gaan realiseer. Dit bring mee dat,
volgens die berekeninge van die
National Agricultural Marketing
Council (NAMC), daar ’n uitvoer
bare surplus van ongeveer 1,3
miljoen ton witmielies en een
miljoen ton geelmielies gaan wees.
Verder is die kanse goed dat die
NOK die Suid-Afrikaanse mielie
oes met die volgende oesskattings
opwaarts kan aanpas, wat die
berekende uitvoerbare surplus net
groter kan maak. Die rede is dat
die wit- en geelmielieprys tans in
die omgewing van die berekende
uitvoerpariteit verhandel. Die
verskil tussen die berekende in- en
uitvoerpariteit kan tot R2 300 per
ton wees, afhangend van waar in-
en uitgevoer word.
Grafiek 4 dui die prysverloop
van die witmielie Juliekontrak op
die JSE aan. Sedert Julie 2016
volg die kontrakprys ’n dalende
tendens. Die La Niña-episode
wat vir die komende seisoen
voorspel is, het negatief op die
prys ingewerk aangesien dié
tipe seisoene geassosieer word
met bo-gemiddelde opbrengste.
Gedurende Desember 2016 het
groot gedeeltes van die westelike
produksiegebiede van Suid-Afrika
nog nie veel reën ontvang nie en
het sandstorms groot gedeeltes
van die geplante somergewasse
doodgewaai. Dit het die prys vir ’n
week of meer sterk ondersteun.
Dit is duidelik uit grafiek 4 dat
die Julie 2017 kontrak heeltemal
teenoorgesteld verloop as die
langtermyn Juliekontrak. Soos
vermeld is die groot berekende
uitvoerbare surplus die hoofrede.
Twee veranderlikes wat ’n
deurslaggewende effek op die
berekende uitvoerpariteit het,
is die R/$-wisselkoers en die
Amerikaanse geelmielieprys.
Tabel 1 is ’n sensitiwiteitsanalise
wat die effek van ’n verandering
in die R/$-wisselkoers en die
Amerikaanse geelmielieprys op
die berekende uitvoerpariteit
het. Die Julie 2017 Amerikaanse
geelmielieprys is in die omgewing
van $3.60 per skepel en die R/$-
wisselkoers is in die omgewing van
R12.50 vir die dollar. Dit kom op
’n berekende uitvoerpariteit van
R1 756 per ton te staan. Met die
skryf van die artikel het witmielies
vir die Julie 2017 kontrak op R1
723 per ton op die JSE verhandel.
Wat die wit- en geelmielieprys
positief kan beïnvloed is indien
dit duidelik is dat wesenlike
hoeveelhede wit- en geelmielies
uitgevoer is en die berekende
oordragvoorrade nader aan die
benodigde pyplyn beweeg. Dit
bring ongelukkig ’n hartseer feit
na vore, naamlik dat die wit- en
geelmielieprys vir ’n periode by
of onder die berekende uitvoer-
pariteit beweeg sodat genoegsame
hoeveelhede uitgevoer word. Die
huidige lae mielieprys het tot
gevolg dat ’n baie groot persentasie
mielieprodusente nog geen grane
verhandel of verskans het nie. Dit
kan tot verdere prysdruk tydens
> VERVOLG OP BLADSY 48
SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017
47