Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 44

•••• RUBRIEK

Safex Scenario ’ s met Susari

SUSARI GELDENHUYS
INLEIDING Suid-Afrikaanse graanpryse is bekend daarvoor dat dit besonders volatiel kan wees weens onsekerheid oor wat die toekoms mag inhou vir die graanmark . Toekomstige voorraadvlakke , invoere , hektare aangeplant en opbrengste is slegs ’ n paar van die faktore wat onsekerheid ( en dus prysvolatiliteit ) in die mark veroorsaak het . Die onlangse oorgang van die ou seisoen met lae voorraadvlakke na die nuwe seisoen met meer gunstige produksieverwagtinge , is ’ n klinkklare bewys . Hierdie volatiele omstandighede bemoeilik goeie verskansings- en beleggingsbesluite vir alle markdeelnemers . Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise , wat sal bydra tot ’ n hoër waarskynlikheid van sukses wanneer so ’ n besluit oorweeg word .
Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek . Die vorige artikel het op die basis van ontleding van verskeie prysformasies gefokus , meer spesifiek die bepaling van ondersteunings- en weerstandsvlakke . Die onderstaande artikel brei verder hierop uit deur die ontleding van verskeie prysformasies .
PRYSFORMASIES Prysformasies kan gedefinieer word as ’ n grafiese patroon van prysbewegings wat bepaal word deur verskeie ondersteunings- en weerstandslyne . Daar bestaan ’ n hoë waarskynlikheid van sukses indien die formasies reg herken en geïnterpreteer word . Die mees algemeen gebruikte formasies wat normaalweg op ’ n tendens ommekeer 1 dui , sluit in : Tops and Bottoms , en Head and Shoulders .
Tops and Bottoms As een van die bekendste en mees gebruikte formasies , kan Tops and Bottoms relatief maklik geïdentifiseer en geïnterpreteer word . Die formasie dui normaalweg op ’ n tendens ommekeer nadat ’ n ondersteunings- of weerstandsvlak verskeie kere getoets is , maar nie suksesvol kon breek nie . Verskeie Tops and Bottoms kan vorm , en laat die name niks oor aan die verbeelding nie . ’ n Double Top of Bottom dui op ’ n weerstands- of ondersteu ningsvlak wat twee keer getoets is , waar ’ n Triple Top of Bottom dui op ’ n vlak wat drie keer getoets is .
’ n Top ( Bottom ) formasie word hoofsaaklik gevorm deur die
1
Formasies wat normaalweg dui op ‘ n voortsetting van die voorafgaande tendens is reeds in die vorige artikel bespreek .
42
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario