Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 4

••••

Dis Nampo-tyd ! hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za

DIS WEER DAARDIE TYD VAN DIE JAAR , NAM- PO-TYD ! DAAR SAL TALLE NUWIGHEDE BY HIERDIE LANDBOUSKOU WEES , WAT VANJAAR ‘ N NUWE FASE BETREE TER AAN- VANG VAN DIE VOLGEN- DE 50 JAAR . DIT BETEKEN DAN OOK DAT DIT TYD IS VIR NASIE IN GESPREK , SENWES GRAINLINK EN ANDER AKTIWITEITE WAT BY HIERDIE JAAR- LIKSE INSTELLING OP DIE LANDBOUKALENDER AANGEBIED WORD .

Vir baie produsente is Afrikaans die taal van keuse en net om al die Senwes Scenario lesers te herinner dat , buiten hierdie gedrukte uitgawe , daar ook ’ n volledige Afrikaanse sowel as ’ n Engelse aanlynweergawe beskikbaar is . Dan het Senwes ook ’ n nuwe webblad in Afrikaans en Engels ( lees op bl 24 ).

Kom ons erken dit nou maar in swart op wit . Engels , die ou Britse taal , is nou nie juis een van die tradisionele Suid-Afrikaanse produsente se sterk punte nie .
Ek dink hieraan na aanleiding van ’ n paar kongresgangers by die onlangse Graan SA kongres by Nampo Park , wat die oorfone geraadpleeg het as bron om die vertaalde weergawe
van sekere sprekers te hoor .
Maar hoe sê die kenners daar buite , as jy dinge maklik wil leer , hou dit relevant en breek dit op in hanteerbare stukkies .
Kom ons neem reën as voorbeeld , waarmee ons in Februarie ryklik geseën is .
Dink maar net aan daardie onweerstaanbare reuk van nat grond wat tydens ’ n reënbui enige produsent lekker laat glimlag en net agter ’ n trekker wil laat inklim .
Die Engelse ekwivalent is Petrichor ! Dit is die aardse reuk , veral as reëndruppels op kurkdroë grond te lande kom . Die woord is saamgestel uit twee basiswoorde . Eerstens Petra , wat steen beteken , en die tweede deel ichor , wat in die Griekse mitologie die vloeistof is wat in die are van gode vloei . In Afrikaans sou ons sommer sê dis die reuk van Godswater .
Produsente is sekerlik die grootse liefhebbers van reën in die ganse heelal . Pluviophile beteken presies dit - om ’ n liefhebber van reën te wees ! Pluvio is ’ n Latynse woord wat reën beteken en soos ons op skool geleer het , beteken phile na die woord dat dit ’ n persoon is wat die aksie uitvoer . Daarom is Pluviophile die persoon wat genot vind en sielevreugde ervaar gedurende reënerige dae .
Ons hoop dat die reën rekordoeste teweeg sal bring . Maar hieroor vertel ons Senior Graananalis , Thys Grobbelaar ons meer in hierdie uitgawe .
Aubrey Kruger
REDAKTEUR redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Lucas Coetsee , Carl Fourie , Japie Fransman , Thys Grobbelaar , Jenny Matthews , Susari Geldenhuys , Gerrit Oosthuizen , Jan Serfontein en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Typo Tel : 011 402 3468
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .
2
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario