Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 36

•••• HANDELSNUUS

Eddie Morrison

Na 37 jaar steeds jou gesoute wapenkenner by die Hinterlandtak in Bothaville

34
EDDIE MORRISON IS NA AMPER VIER DEKADES DIENS NOG STEEDS JOU ONMISBARE EN MEES BETROUBARE WAPENKENNER BY DIE HINTERLANDTAK IN BOTHAVILLE .
EDDIE HET HOPE WAPENKENNIS Eddie se kaliber skop jy nie maklik agter enige hoek en draai uit nie ! Hy het al in 1980 by die Bothaville-tak begin werk en sedert die wapenkluis op 19 Augustus 1984 hier oopgemaak het , is Eddie se naam sinoniem met wapens in Bothaville . Nie net in die dorp en die hele Suid- Afrika nie , maar ook in lande soos Botswana , Namibië , Tanzanië en Zimbabwe . “ Ons stuur die wapens en ammunisie direk aan hulle . Ons doen net eenvoudig meer moeite om ’ n goeie diens te kan lewer ,” sê Eddie .
Eddie , wat die hoof van winkelverkope by Bothaville is , het ’ n besonderse groot liefde vir wapens . Mens sou dink dat sy liefde vir wapens in die weermag ontstaan het waar hy in 1974 en 1975 in Pretoria gestasioneer was . Maar nee , “ My liefde het by Senwes in Bothaville begin .” Toe hy eers fisies met wapens en ammunisie by hierdie einste tak begin werk het , het sy passie begin uitbrei en het hy toe reeds geweet : “ Hier is iets lekkers .” En wat meer is , is dat
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario
dié ongelooflike passie al vir dekades reg op die voordeur van klante is .
Vir Eddie , wat in Welkom gebore is en by Wessel Maree Hoërskool in Odendaalsrus gematrikuleer het , is sy groot wapenheld dr . Lukas Potgieter , wat sekerlik die grootste en wapen kenner in Suid-Afrika was . Volgens Eddie was “ daar niks wat hy nie van wapens en ammunisie geweet het nie . Lukas het selfs rubrieke vir die Landbouweekblad geskryf en was sy leermeester .
Die 61-jarige is verseker nie ’ n nuweling in die dorp nie en het al verkope van miljoene rande hanteer . Sy grootste verkope op een dag was in 1994 by Bothaville toe meer as R1 miljoen se wapens tydens ’ n wapendag verkoop is . Wapenkluise in Klerksdorp , Potchefstroom , Odendaalsrus en Wesselsbron is tÓé leeggemaak om aan klante by die Mieliehoofstad te voorsien . “ Daar het drie rye mense by die deure gestaan tot in die oop erf oorkant die ou Tak 3 ,” onthou Eddie passievol .
EDDIE OOK AL 34 JAAR BY NAMPO Om alles te kroon gaan die wapenkenner vanjaar sy 34ste agtereenvolgende jaar by die Nampo Oesdag vier . Hy vertel die groot nuus vanjaar is dat Hinterland die Creedmoor 6.5 Howa in voorraad het , ’ n volle 20 van hulle – “ Ons het dit reggekry om een van slegs twee verspreiders hiervan in die hele Suid-Afrika te wees . Dit is ’ n nuwe en vinniger kaliber en baie akkuraat en word baie op die skietbane gebruik vir skyfskiet ,” sê Eddie .
Wees verseker dat daar by
Nampo 2017 ’ n groot verskeidenheid wapens , ammunisie , herlaaitoebehore en teleskope in die Hinterlandsaal sal wees . “ Soos die haelpatrone wat meestal van Amerika ingevoer word . ’ n Vrag van 40 000 kaste van 250 rondtes elk is ingevoer . Ons doen dit nou al jare vir produsente en klante omdat hulle dit gebruik vir die skiet van kransduiwe by sonneblom en kleiduifskiet .” Dan is daar boonop ook CZ pistole wat beslis teen baie goeie afslag by alle wapentakke beskikbaar sal wees .
Soos gebruiklik is daar tallepromosiepryse by die wapenkluis , wat Eddie sê “ net so goed is soos sy tak in Bothaville . Produsente weet ons is al dekades hier en sommiges kom doen selfs hulle jaarlikse aankope by Nampo .”
Eddie is vandag baie dankbaar vir sy klante en werkgewers - “ Dit wat ek weet , het ek by my klantevriende geleer . Ek is ook dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning van die bestuur . Selfs na my ongeluk ’ n week na my verjaarsdag op 15 Februarie 1985 , was hulle daar vir my . Of ek nou in ’ n rystoel is of geen rystoel nie , dié mense is absoluut fantasties .”
En so kan jy verseker wees van uitstekende diens by Eddie en Hinterland in Bothaville . Hy glo dat met soveel jare in die bedryf , verskeidenheid produkte en afslagpryse “’ n klant nie net uit die winkel kan stap nie .” So , kom besoek Eddie by die Hinterlandtak in Bothaville vir ’ n uitstekende verskeidenheid van wapens en natuurlik die beste en mees ervare diens ooit wat jy slegs by Eddie kan kry !