Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 34

•••• NUUS Mike Mlengana: Steeds ’n toegewyde DG vir SA produsente AS JY DIE DIREKTEUR- GENERAAL VAN DIE DEPARTEMENT VAN LAND­­- BOU, MIKE MLENGANA, SOU VRA WAT HY IS, ’N TOEGEWYDE DIREKTEUR- GENERAAL OF DIE MENSE SE DIENS­KNEG, SOU SY ANTWOORD BESLIS LAASGENOEMDE WEES. AUBREY KRUGER M ike het ’n baie duidelike boodskap oorgedra aan ’n volgepakte Fanie Ferreirasaal tydens die 2017 Graan SA kon- gres wat in Maart by Nampo Park gehou is. Mike het beklemtoon dat daar drie bekommerenswaar- dige aspekte is, naamlik eenheid, transformasie en die sektor se bydrae tot ekonomiese groei. EENHEID Hy is baie beslis daaroor dat “landbou eerstens inklusief moet wees. Ons kan nie meer vorentoe beweeg ten koste van ander nie.” Hy het gefokus op een van die redes vir mislukking: “Ons het mense aangestel op grond van hul politieke oortuigings. Die gevolg was vernietigende chaos. Hierdie gebrek aan eenheid het aanleiding gegee tot baie ander rampe. Die gebrek aan integrasie in landbou het tot gevolg gehad dat eksterne kragte onsekerheid oor beleid en groei geskep het.” 32 TRANSFORMASIE “Transformasie is ’n moet,” sê hy nadat hy ’n beroep op produsente gedoen het om een kleinboer by hul besighede te integreer. Hy speel gou klaar met die kwessie van grondeienaarskap: “Ek weet julle is onseker oor die grondher- vormingskwessie.” Hy spreek hul vrese aan met: “Julle hoef nie bang te wees nie, ons het ’n Grondwet.” As mede-boer weet hy dat produsnete goeie mense is. Transformasie beteken ook dat elke produsent “goeie dinge moet laat gebeur”, en daarmee vee hy die persepsie dat mense in die landbou onmenslik is, van die tafel af. BYDRAE TOT DIE EKONOMIE Daar word geglo dat landbou slegs 0.2% tot die BBP bydra. Mike se antwoord daarop is duidelik: “Dit is nie waar nie!” Hy sê dat landbou die totale waardeketting geskep het, maar die uitdaging is nou om ’n wyse te vind waarop ’n waardeketting geskep kan word wat sal sorg dat landbou sy plek in hierdie land volstaan. Landbou moet ook op ’n ander vlak bydra. Hy het die produsente ingelig dat onderhandelinge tans gevoer word met China, Indië en ander sodat produsente “oeste kan plant vir markte wat wel bestaan”. Die dae toe daar in die winter gerus is, is verby - die gesig van landbou verander vinnig. Sy fokus is om die besigheid te verander - “Ek gaan vennoot­ skappe afdwing in plaas van her- kapitalisasie.” Die fokus moet op produktiwiteit wees. Hierdie fokus is gekoppel met Visie 2030, wat APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario ten doel het om 1 miljoen werks- geleenthede te skep deur op klein- boere te konsentreer wat bereid is om so te boer - "Boerdery gaan oor passie. Plase sal dus slegs gegee of verkoop word aan die boere wat die nodige passie het.” Hy het ook ’n paar riglyne verskaf aan die persone wat die kongres bygewoon het: • “Ons moet almal bydra tot die ontwikkeling en evolusie van die landboustrategie. Daar sal nie meer in ’n kantoor gesit en beplan word vir jou, sonder jou nie.” • “Dit is gevaarlik om met ’n per- soon te werk wat min kennis en baie mag het. My opinie is dat die persoon wat werklik mag het, die persoon is wat diens lewer aan ander.” • “Die herkapitalisasieproses gaan vennootskappe afdwing tussen ’n kommersiële pro- dusent en ’n swart produsent wat die grond nog ten beste moet gebruik.” Hy het afgesluit met die verseke­ ring dat sy deur altyd oop is vir produsente.“Wanneer ’n produsent skakel, neem ons daardie oproep.” Hy het onderneem om sy roeping te volg totdat hy sy einddoel bereik het, naamlik om ander te dien.“Jy doen net goed as die per- soon wat jy dien, so sê.”