Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 30

••••
HANDELSNUUS

Chantelle De Andrade

Diens met ’ n glimlag in Viljoenskroon

28
CHANTELLE DE ANDRADE IS DIE SPRANKELENDE 32-JARIGE GRAANBE- MARKINGSADVISEUR BY VILJOENSKROON . EN BY DIÉ GRAANBEMARKINGS- ADVISEUR IS JY VERSEKER VAN DIENS MET ’ N BREË GLIMLAG .
AUBREY KRUGER

Chantelle werk al immers sedert 2014 vir Senwes - eers in die Koppies omgewing en vir die afgelope jaar is sy in Viljoenskroon .

HAAR WERK IN VILJOENSKROON Sy vertel dat haar werk omtrent uitgelê is vir haar want volgens haar is die Viljoenskroon produsente baie ingelig . “ Hulle is nie net ingelig nie , maar ook baie uitdagend van aard .” So noem sy dat hierdie produsente ook hou van nuwe kontrakte en ook daarvan hou om op datum gehou te word .
Hulle is baie oopkop wat besigheid aanbetref en moet Chantelle met baie innoverende idees vorendag kom om hulle tevrede te stel – “ Hulle hou my nogal op my tone ,” lag Chantelle .
Sy noem verder dat hierdie klante van haar veral in hulle noppies is met ander bemarkingstrategieë , terwyl ander boere meestal hulle eie bemarkingstrategieë in plek het en bitter min
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario
daarvan afwyk . In kort is “ produsente in Viljoenskroon baie aanpasbaar .”
Wat Chantelle se ander verpligtinge teenoor haar klante aanbetref , kom sy haar kant van die besigheidstransaksie beslis na - “ Ek hou hulle op datum van wat in die mark aangaan . Ek kyk na enigiets soos die Staatsrede , wat by Chicago gebeur en alles wat ’ n direkte implikasie op die mark het .” Dan stel sy voor watter tipe kontrakte wel opsies is , “ veral in ’ n jaar soos hierdie , waar jy verskillende strategieë moet hê om jou graan te verskans ten einde die beste pryse te realiseer , veral as die Safex pryse laag is .”
Hulle kyk ook oorsigtelik na 5-jaar gemiddeldes , help met die opstel van nuwe kontrakte , kyk na markte en weerpatrone in die oggend en in die middae is haar dagboek vol afsprake om die meer as 100 produsente op hulle plase te besoek .
Haar gebied is groot en strek van Groenebloem Silo tot ander - kant Vierfontein Silo naby Orkney . Sy het na slegs ’ n jaar in dié area reeds by al haar produsente besoek afgelê en hulle het haar al verskeie kere op kantoor besoek . En om alles te kroon , is sy ook nou betrokke by die Manna Studiegroep en die Groenebloem Boerevereniging in die omgewing .
MEER OOR CHANTELLE Die Welkom-gebore vrou het ook daar skoolgegaan by Naudéville Laerskool en Goudveld Hoërskool , waar sy in 2002 gematrikuleer het .
Wat familie aanbetref het Chantelle vyf kinders , naamlik tweeling Nickola en Joshua ( 10 ) gevolg deur Antonie ( 8 ), Ruben ( 4 ) en Marco ( 3 ).
Haar ander passies buiten graan is hardloop en perdry . Sy beoefen haar atletiekpassie al sedert 2008 en meer ernstig die laaste twee jaar . Sy het die Twee Oseane Marathon al twee keer aangepak . Eers die halfmarathon in 2015 en in 2016 het sy die 56 km ultramarathon in 6 uur en 30 minute kafgedraf . Sy neem ook deel aan die Western Mounted Games wat perdry aanbetref , en daar is baie verskillende items wat haar ook op haar tone hou .
En as jy hou van gesels en uitstekende diens , is Chantelle net die regte graanbemarkingsadviseur vir jou !