Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 26

••••
NUUS

Senwes webblad trek nuwe baadjie aan

24
DIE NUWE SENWES WEBBLAD IS LEWENDIG . HIERDIE OPGRADERING BRING ‘ N EENVOUDIGER STRUKTUUR EN GROTER GEBRUIKERS- VRIENDELIKHEID TEWEEG .
DIE DOELWIT Die doelwit van die inisiatief was om die webblad uit die gebruiker se oogpunt te ontwerp , wat die klem op die verskillende produk te en dienste binne die groep van maatskappye plaas . Hierdie vernuwing was ook toegespits op die vermindering van die aantal bladsye per afdeling deur die inligting beter te verpak en meer doeltreffend te organiseer .
OP DIE TUISBLAD Op die tuisblad kan gebruikers
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario
steeds die nuutste markinligting kry en is die ses hooffokusareas van die webblad uiteengesit . Daar is ook direkte skakels wat die ge bruiker met een kliek na die inligting wat verlang word , neem .
DIE NAVIGASIE Verbeterde navigasie is geïmplemen teer en die verskillende bladsye onder elke afdeling is meer sigbaar en verstaanbaar geposisioneer . Die oogmerk was om die bladsye wat die meeste besoek word , eerste te stel en nie meer as drie subafdelings te hê nie . Met min der subafdelings is die kans dat inligting weggesteek en moeilik bekombaar is , soveel kleiner .
DIE SOEKFUNKSIE Gebruikers kan ook voortaan die soekfunksie meer gereeld raadpleeg . Hierdie funksie is afgestof en spoor relevante inligting , bladsye en kontaknommers binne enkele sekondes op .
DIE KONTAKBOEK Nog ’ n nuwe funksionaliteit op die webblad is die kontakboek , wat die verskillende bedryfspunte met hul kontakbesonderhede lys en gebruikers in staat stel om die bedryfspunte in ’ n gekose radius om sy / haar area te sien .
DIE WEBKAART Met hierdie verande ringe en verskuiwings is die webkaart baie handig . ’ n Duidelike oorsig van waar die verskillende bladsye sor teer , maak dit maklik om in ’ n oogwink by die regte plek te wees .
BESOEK DIE WEBBLAD www . senwes . co . za
Webkaart
Enige navrae rakende die webblad kan gerig word aan Johan le Grange ( Jnr ) by 018 464 7521 of Muhammad Amod by 018 464 7331 .