Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 22

•••• KO L LI G Paul Maré het ‘n vennoot in Senwes op Viljoenskroon Twee van Paul Maré Bonsmara-stoetbulle by Vlakvlei. PAUL MARÉ IS ‘N AGTERMEKAAR PRODUSENT EN OM ALLES TE KROON, ‘N GROOT ONDERSTEUNER VAN SENWES. IN WERKLIKHEID IS SENWES SY VENNOOT. AUBREY KRUGER PAUL SE GESKIEDENIS Paul is amper sy hele lewe lank deel van die Viljoenskroon gemeenskap. Hy is in 1953 in hierdie distrik gebore, het hier skoolgegaan en in 1970 by Hoërskool Salomon Senekal gematrikuleer. LANDBOU IS IN SY BLOED Paul was daarna eers ’n jaar in die weermag, waar hy ’n leierskursus in Heidelberg gedoen het, en daar- na was hy by Potchefstroom gesta- sioneer. Sy lewe het ’n draai in die ingenieurswêreld gemaak en hy het sy B.Sc B.Ing-graad in 1976 by Stellenbosch Universiteit ver- werf en ’n jaar later sy honneurs. Hy was vir sewe jaar by si­viele 20 ingenieurs in Kroonstad asook landbou-ingenieurs in Pretoria werksaam, waar hy besproeiings-, dambou- en water­afloopprojekte in die Hoëveld en in die Wes- Kaap behartig het. FAMILIE Hy is in 1985 met Jeanette getroud, wat in 1996 oorlede is. Hy het drie kinders, naamlik Erik (29), Silizna (31) en pa se naamgenoot Paula (18), wat tans in matriek is. Die dogters is nie in landbou betrokke nie, maar is absoluut mal oor diere. Hulle is ook kranige perderuiters. Erik is egter die een wat die boerdery gaan oorneem. Hy boer al sedert September 2016 en het, soos sy pa, eers in ’n ander rigting beweeg. Hy het hom eers APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario as prokureur gekwalifiseer en met sy regsagtergrond dus in sy oupa se voetspore gevolg. Hy het B.Com en LLB studeer en vanjaar was maar sy eerste volwaardige jaar in landbou. Erik boer tans op die nabygeleë Glenmore. DIE BEGIN Paul het klein begin, op ’n 500 hektaar plaas by Limerick in Skandinawiëdrif, so 40 km van sy huidige plaas Vlakvlei, waar hy van 1983 tot 1995 geboer het. Hy het selfs kiwivrugte onder besproeiing geplant. Die boerdery het vergroot nadat hy in 1990 bykomend ook op die familieplaas, Vlakvlei (480 hektaar) begin boer het. Vir die volgende vyf jaar het hy op beide plase geboer en aan die einde van daardie tydperk, in 1994, het hy Vlakvlei by sy pa, Frikkie, gekoop en ook mettertyd grond in die omgewing aangeskaf. Hy het tans sowat 2 500 hektaar, waarvan sowat 2 500 hektaar vir plantdoel­