Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 20

•••• AREA F OK U S Die biddende hande wys op wie die dorpie se hoop gevestig is. Viljoenskroon > VERVOLG VAN BLADSY 17 grootste privaat graanopbergings- fasiliteit in die Suidelike Halfrond op die dorp het. Dit was reeds vroeg duidelik dat hierdie mielie­ wêreld is en die eerste graansuiers is reeds in 1924 opgerig. Dan is die gewildste skool in die dorp Salomon Senekal Hoërskool. Die Sentraal Westelike Koöpe­ ra­tiewe Maatskappy het destyds grondbonestore en ’n grondbone- fabriek teen ’n koste van €50 000 opgerig. Dan is die biblioteek op die dorp in 1951 deur oud-Ad- ministrateur JJ Fouche geopen. 18 OU GEBOUE, KERKE EN MONUMENTE Ou geboue is hier in oorvloed. Die stadsaal is in 1938 deur bou- meester PP Haasbroek gebou. Die NG Kerk Viljoenskroon is in 1946 gebou, gevolg deur die Trinity Metodiste Kerk in 1951 en NG Kerk Viljoenskroon-Oos in 1966. Daar is ook verskeie ander mooi kerkies, naamlik die Gereformeerde Kerk en die AGS Herlewingsentrum. By die NG Kerk is daar ook ’n Herdenking aan die Groot Trek, waar die name van Andries Pretorius, Hendrik Potgieter, Sarel Cilliers en Piet Retief op pryk. Die MOTHS het ook ’n monument naby die stadsaal om helde te gedenk. As jy bietjie wil gaan ontspan, besoek gerus die bekende Wawielpark Vakansieoord daar naby. Nou weet jy dat daar meer in Viljoenskroon is as wat jy aanvanklik ge­dink het!