Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 19

••• • • A RE A F O KUS • • VILJOENSKROON SILO 266 PERSONEEL: Agter is Chantelle Snyman (Senior Graangradeerder), Nico Janse van Rensburg (Projekbestuurder) en Johan de Lange (Hulpsilobestuurder). In die middel is Joseph Tshabalala (Senior Graangradeerder), Simon Kujoana (Operateur), Petrus Selinga (Trekkerdrywer), Simon Meleje (Masjienbediener en Skoonmaker), Joseph Sepoye (Kontrolebordbediener) , Israel Litaole (Monsternemer). Heel voor is Sam Marumo (Monsternemer) en Jankie Mokatsane (Operateur). Die silo is in 1975 gebou en ontvang hoofsaaklik wit- en geelmielies, sonneblom, soja­bone, sorghum en koring. VILJOENSKROON SILO 232 Soos ’n hele paar ander Senwes dorpe het Viljoenskroon ook twee silo’s. Net af in die straat van Viljoenskroon silo 266, is Viljoenskroon silo 232. Hierdie silo is die ouboet van die twee in Viljoenskroon. Hierdie silo bestaan uit 12 buise van 3 300 ton elk - dus ’n totale kapasiteit van 39 600 ton. Wat graan aanbetref word hoof- saaklik witmielies en sonneblom by die silo gestoor, terwyl die res by silo 266 gestoor word. SILOHERINNERINGE Nico en Louwrens vertel dat hulle ’n paar herinneringe van die silo’s het. Interessant is dat hierdie silo omtrent altyd volgelaai word, met uitsondering van 2016, weens die droogte. Hulle moes so ’n paar jaar gelede erg skarrel om plek vir al die graan te maak. Daar is toe selfs in die nag uitgelaai en hulle het ook Enselspruit en Potchefstroom se silo’s volgelaai. Daarop is 22 trein­trokke volgelaai, 22 damme van 120 ton elk gevul en die hoppers en die droogoond en massabakke was ook almal tot oorlopens toe vol. HINTERLAND-TAK Gerhard Louw, die takbestuur­der by Viljoenskroon, het al amper 32 jaar diens. Hy is sedert 1999 ’n takbestuurder, waarvan die laaste vyf jaar by Viljoenskroon is. Hy vertel dat oud-streeksbestuurder, Jan Coetzee hom veral geïnspireer het. Sy werk is sy passie en die leuse by die tak is “Jy kan die verskil maak”. Hy is trots op sy span van 23 werknemers, wat volgens hom die beste is. Oud-Senwes direkteur, Japie Grobler, het die tak op 27 Februarie 1998 geopen. BEKENDES VAN DIE STREEK Plaaslikes vertel my dat daar ’n hele paar mense uit Senwes­ geledere van dié streek is. Twee voormalige Senwes-direkteure, Jacob Steyn en Jimmy Shahim, asook Senwes en Senwesbel aan- deelhouer, Bog Venter. In die besigheidswêreld is die HUB van Attooh!, Wouter Snyman, ook van die bekendes en dié bekende denkleier in die finansiële sektor was juis ’n paar weke gelede in die dorp om die kinders te motiveer. Die gholfspeler, Fulton Allem, wat 15 internasionale gholftitels verower het, het ook wortels in die streek. Hy is egter in Kroonstad gebore. OVERVAAL STEREO Die bekende gemeenskapsrad