Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 17

HA N D E L SN UUS ••• • • • • Antoon Smalberger Nuwe JCB Verkoopsbestuurder by Senwes Equipment MET SENWES EQUIPMENT WAT NOU ’N TROTSE VERSPREIDER VAN JCB PRO- DUKTE IS, IS ANTOON SMALBERGER DIE REGTE MAN OM TE KONTAK SEDERT HY OP 1 MAART 2017 DIE POSISIE VAN JCB VERKOOPSBESTUURDER EN DIVERSE TOERUSTING BEKLEE. AUBREY KRUGER I n sy nuwe posisie kyk Antoon oorhoofs na ’n hele paar aspekte, naamlik die aankoop van voorraad, die opstel van bemarkings­teikens, diens van klante, nuwe besigheid - wat munisipaliteite en kontrakteurs insluit - ondersteuning van die produk asook die opleiding van bekwame personeel en natuur­lik onder- dele. Hierdie diens word gelewer in die huidige Senwes bedienings­gebied sowel as die nuwe gebiede, naamlik Aliwal-Noord, Ugie en die Oos-Londen area, en addi- sionele JCB-gebiede in die Noord-Kaap omgewing by Kimberley en Prieska. Hierdie diens is volgens die nuwe JCB Verkoopsbestuurder en Diverse Toerusting daarop gemik om ekstra waarde toe te voeg tot die klant en sy besigheid. “Ons spreek die huidige leemtes direk aan en klante hoef nie meer ver te gaan soek vir diens nie - hulle kan die diens gerieflik in hul tuisdorp ont- vang. Al 19 werkswinkels het bekwame personeel om klante te diens en waar daar werkswinkels is, sal daar natuurlik ook onderdele wees.” Antoon het amper 40 jaar se ondervinding sedert hy in 1979 in hierdie bedryf begin werk het. Hy beklee sy nuwe pos nadat hy reeds vanaf 2010 die pos as diensbe­stuurder werkswinkels by Senwes Equipment beklee het. Die pos was perfek vir sy groei en tegniese ervaring en produkkennis is in oor- vloed opgedoen. Antoon het ook ’n wye algemene kennis van produkte, en meganisasie is deel van sy belangstelling, sy passie. Hy het verder ook 30 jaar ondervinding by AFGRI, waar hy van vakleerling tot gekwalifiseerde ambags­man, werkende voorman asook werkswinkelbestuurder by verskeie takke werksaam was. Hy was ook takbestuurder, tegniese bestuur­der en bemarkingsbe­stuur­der vir die Hoëveldstreek. Hy is ’n landbouman in murg en been en het op die plaas Schoongezig tussen Volksrust en Wakkerstroom in Mpumalanga grootgeword. Hy onderneem om, soos altyd, die beste diens en onder- steuning vir enige klant te verskaf asook spoedige aflewering van hoë kwaliteit masjienerie en toerus­ ting. Hy het ’n onwrikbare passie vir klante en om hulle eerste te plaas. ’n Eenstopdiens met diens en advies. Klante word genooi om enige sake direk met hom te bespreek. Sy kontakbesonderhede is steeds dieself- de, 018 464 7571en e-posadres antoon.smalberger@ senwes.co.za. SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017 15