Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 8

••• JUANITA GREYLING ALGEMEEN NAMPO klink op 50 jaar se sukses! D r. Willie Kotze, eertydse direkteur van Sampi, het in 1967 na die heel eerste Oesdag die voorspelling gemaak: “Ek ver­ trou dat die Oesdag nog eendag wêreldberoemd sal raak, soos die Blommefees van Holland, die Rynfeeste van Duitsland en Wind­ hoek se Karnaval.’’ Vandag, 50 jaar later, word Nampo as die grootste landbou-uitstalling in private besit ter wêreld beskou. Wys jou net, waar daar ’n wil is, is daar ’n weg! Die Nampo Oesdag het in 1967 begin as ’n klein samekoms op ’n plaas in die Bloemfontein distrik, bekend as Donkerhoek. Die doelstelling met die eerste Nampo Oesdag was om ’n geleent­ heid vir landbou-insetverskaffers en produsente te skep waar hulle saam ingeligte produksie- en aankoopbesluite kon neem. Dit is steeds die doel - al verskil is dat tydens die eerste Nampo Oesdag het meer as 200 boere uit die Vrystaat en Wes-Transvaal dit by­ gewoon waar ongeveer R50 000 se transaksies beklink is. Vandag spog die Nampo Oesdag met meer as 20 000 besoekers per dag. Tydens die Oesdag van 1968 is daar baie aandag gegee aan die voorsiening van verversings en is die dames versoek om sosaties op die spyskaart te plaas en vriende­ lik daarop gewys dat mieliepap by boe­rewors en braaivleis pas. Vandag is daar ’n magdom van kossoorte om van te kies, van braai­vl