Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 66

••• RUBR I E K MILANIE VOSLOO BRANDPAAIE FOTO: LEEF WEN BRANDPAAIE HET AL MENIGE PLAAS VAN TOTALE VERWOESTING GERED EN VELE PLOFBARE SITUASIES ONTLONT. O ns leef in ’n tyd waarin daar op verskillende vlak­ ke brandpunte is waaroor ons nogal warm onder die kraag kan raak. Situasies wat maklik kan vlamvat en buite beheer kan raak. In sulke tye is dit ’n natuurlike reaksie om die brandstigters te probeer opspoor en hulle daar­ voor tot verantwoording te roep. Die waarheid is egter dat, wan­ neer daar ’n veldbrand is, dit nie help om die skuldiges eers aan die pen te laat ry nie. Ons prioriteit is dan om die brand te blus. En om te verhoed dat dit meer skade verrig. Kinders van God is by uitstek geroep om brandpad-mense te wees. Om, deur die manier waar­ op ons leef, veldbrande te probeer verhoed en die verwoesting wat dit kan saai, te probeer beperk. En natuurlik is dit nie maklik nie. Brandpaaie moet dikwels op onherbergsame terreine, waar stootskrapers nie kan kom nie, gebou word. Versoening moet geskep word deur enkelinge wat klippe uit die pad vir ander rol; deur mense wat – ondanks hul 64 eie belang – liefde wys deur eenvoudige, maar kragtige dinge soos gesonde kommunikasie, begrip, ’n hand wat uitreik ... deur ’n ingesteldheid. ’n Manier van praat. Van doen. Of juis nié doen nie. En wanneer ons wonder of dit darem nie te veel gevra is nie, kan ons maar net weer onthou waar óns sou wees indien Christus nié die pad tussen ons en God kom bou het nie. Hoe roetbesaai die wêreld sonder dié Brugbouer sou wees. Elkeen van ons het in ons gewone lewens die geleentheid om iewers in ons dag ’n pad van liefde te bou. Selfs al moet ons dieper grawe as wat vir ons gerieflik is. Mag ons – feilbare, maar geredde mense – tog iets daarvan regkry. Vader, help my om – ongeag myself – u voorbeeld van versoening te wees. Om – ondanks my menslikheid – tog die brug tussen mense te help bou. Om – ten spyte van my eie emosies – u soort brandende liefde te leef. Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario Stap die pad na vrede saam met Mi­ lanie Vosloo en die God van vreugde. In Jou Voetpad na VREDE vertel sy dat God wil hê Sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees. Die 366 dagstukke bespreek verskeie temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en jy kan maar net jý wees. Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelowiges weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef, dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oom­ blikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei. Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou Voetpad na VREDE hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit Sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van Sy liefde en genade-arm om hulle. Die nuwe boek behels 366 dagstukke in ’n lekkerlees 412-bladsye uitgawe waarvan die vrystellingsdatum in Augustus. Dit sal vir R189.95 op die rakke. wees. Die boek volg op Milanie se Sielskos vir die vrou wat lééf, Laat Sy liefde jou lei, Gekoester in God se liefde, Moed vir elke môre, Net soos jy is en Sielsgedagtes. Wen met Senwes en Cum Uitgewers. Een gelukkige leser kan ’n kopie van Jou Voetpad na VREDE, 366 koesteroordenkings op jou reis saam met die God van vreugde, wen. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 25 Mei 2016. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.