Senwes Scenario April / Mei 2016 - Page 65

Herfs is hier! S omer is verby en soggens kan aan die lugtemperatuur gevoel word dat ons seisoen en plante se groeitempo af­neem. Plante wat hitteskade opgedoen het, herstel nou en vorm nuwe blare/blomme. Besproeiïng kan ook verminder word omdat die biologiese prosesse in die plant afneem. WENKE VIR MAART/APRIL 2016: • Plante wat in vorms of heinings gesnoei is kan vir langer tye netjies gehou word en groei nie meer so vinnig. • Grasperke kan vir oulaas met K.A.N of 7:1:3 gevoed word om die donkergroen te laat pronk. • Clivias, azaleas, camelias en varkore blom weer en ’n alge­ mene kunsmis wat hoog in kalium (potassium) is, byvoor­ beeld 5:1:5 of Multifeed kan blomme se kleur verbeter. ’n Vloeibare kunsmis soos Nitrosol word vinnig opgeneem. • Engelse sout kan aangewend word by sitrus, tamaties en vele ander plante. Dit verhoog die drakrag en is ryk aan magnesium, ’n belangrike mikrovoedingselement vir groente en vrugtedraende plante. • Plant- en dopluise is aktief en aalwyne, rose en konifere kan voorkomend behandel word met Koinor of soortge­ lyke produkte. • Kraalmis of kompos kan in die tuin ingewerk word. Dit verbeter grondtekstuur voor die winter. Meeste sonplante verkies alkaliese grond met ’n pH van 8 tot 14 – landbou­ kalk kan dit verhoog. • Onkruid moet verwyder word om saadverspreiding te voorkom. • Die koninginpalm (syagrus romanzoffiana) maak bloeisels en saad. Sny sade af voor dit bestuif is en oopmaak. • Wintersaailinge soos gesiggies en viooltjies kan gesaai word met wintergroente. Saai in semi–skadu - herfsson kan hulle skroei. Geniet die rustiger seisoen en plante wat op hul mooiste is! CARL FOURIE – TUINBOUKUNDIGE, KLERKSDORP K O MPE T ISIE S ••• Beskerm jou vel met HANNON se Daily Sunblock Moisturiser SPF30 en Vitamin E Eye Crème. HANNON Daily Sunblock Moisturiser SPF30 is ’n volledige olievrye en ligte vogroom met ’n baie hoë sonbesker­ mingsfaktor. Geskik vir diegene wat in die buitelug werk of sport beoefen. Gebruik dit elke dag vir die voorkoming van hiperpigmentasie of tydens die behande­ ling van hiperpigmentasie. Dit bevat zink oksied, wat dit die ideale bevogtiger maak vir tieners met aknee-kondisies, aangesien zink oksied inflammasie behandel en verminder. Die produk word heeltemal deur die vel geabsorbeer, sonder enige olierige gevoel. Dit werk ook baie goed saam met enige van die HANNON bevogtigers. HANNON Vitamin E Eye Crème is ’n moderne oogroom vir alle veltipes en ’n moet vir almal bo twintig. Dit beveg die vo