Senwes Scenario April / Mei 2016 - Page 63

KO S V IR D IE SIE L ••• DS. WILLIE BOTHA ’N TURKSVY-STORIE LEES: Spreuke 1:1-9 EENDAG, LANK GELEDE, IN DIE BLESBOKKAMP, OP ONS PLAAS SWART­ FONTEIN, TERWYL EK EN MY PA NABY DIE KRAAL VIR DIE VEE GEWAG HET, HET HY MY GELEER HOE OM ’N TURKSVY IN DIE VELD TE PLUK EN TE EET. D it was begin Februarie en naby ons was ’n groot turksvyboom. Skielik het sy stem die stilte verbreek: “Kom ek wys jou hoe eet ’n mens ’n turksvy in die veld.” Met sy gemete oog het hy ’n turksvy aan die boom uitgesoek en dit versigtig gepluk. Daarna het hy ’n bitter-karoobossie uitgetrek en die turksvy daarmee op die grond rondgerol. Op hierdie manier het omtrent al die dorinkies afgeval. Toe vat hy sy knipmes en sny die turksvy oop. Dit was een