HA N D E L SN UUS
AUBREY KRUGER
•••
Senwes Equipment
tegnici wys hul staal
Myburg en Muller tel onder John Deere se top tien
SENWES EQUIPMENT
TEGNICI HET
UITSTEKEND PRESTEER
IN DIE FINALE BEEN
VAN JOHN DEERE SE
TEGNICI VAN DIE JAARKOMPETISIE.
T
ydens die finaal, wat oor
twee dae in Januarie 2016
by die John Deere hoofkantoor in
Boksburg plaasgevind het, moes
die top finaliste behoorlik uithaal
om te wys wat hulle kan doen.
Ons twee deelnemers was Myburg
de Bruyn, Trekkertegnikus van
Senwes Equipment by Wessels
bron en Muller van Heerden,
Trekkertegnikus van Senwes
Equipment by Lichtenburg.
Aan die einde het Myburg die
derde plek opgeraap, met sy vrou,
Amy de Bruyn, ook teenwoordig.
Muller het in die top tien geëindig.
Tydens die twee dae moes hulle
tien toetste aflê, vyf prakties en vyf
teoreties, waarvan ses op die eerste
dag plaasgevind het en die res op
die tweede dag.
Dié reeks toetse was die pylvak
van ’n maandelange proses om die
beste tegnici te sif. Eers was daar ’n
paar honderd inskrywings, waarna
hulle tot slegs 50 uitgedun is. Sen
wes Scenario het oor die twee berig
toe hulle deel was van ’n groep van
11 Senwes Equipment tegnici wat
die eer te beurt geval het.
Vyf van die elf tegnici was van
Kroonstad, twee van Hertzogville
en een elk van Bothaville, Lich
tenburg, Schweize