Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 52

••• HA N D E LSN U U S Senwes se Jaco Minnaar AUBREY KRUGER die nuwe vuur agter Graan SA JACO MINNAAR IS BY DIE AFGELOPE GRAAN SA KONGRES BY NAMPO­PARK AS DIE NUWE VOORSITTER AANGEWYS. D ie 39-jarige Jaco is al vir ’n geruime tyd in landbou betrokke, sowat 17 jaar om presies te wees. Hy sal in sy ampstermyn ’n hele paar moeilike sake op die agenda van Graan SA moet han­ teer. Hy noem dat die hele bedryf tans swaar trek as gevolg van die droogte en dat dit in ’n sekere op­ sig ’n baie regverdige droogte is. Voedselsekerheid is tans die brandpunt en daar moet verseker word dat die aangeplante hektare volgende jaar normaliseer. Daar­ benewens is een van sy ander doelwitte om landbouprodusente lewensvatbaar te hou, beide op sosiale en ekonomiese vlak. Dan ook om na die welstand van kommersiële en opkomende produsente te kyk en om seker te maak dat die sektor meer kom­ peterend is. Bykomend moet daar ook na opleiding en geleenthede, wat binne die markplek bestaan, gekyk word. Jaco is uitgeknip vir die posisie en boer al vir 17 jaar lank. Hy is al vir ’n geruime tyd deel van die raamwerk by Graan SA, waar hy oor tyd betrokke was by onder meer die dagbestuur, die oudit- en bemarkingskomitees. Om dit aan te vul was Jaco ook vanaf 2003 tot 2011 deel van Vrystaat Landbou, waar hy o