Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 50

••• D RUPP E LS OP DI E DA K Langverwagte reën ontwyk meeste in gebied THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK DIE VOORSPELDE EL NIÑOSEISOEN HET IN ALLE ERNS TOEGESLAAN EN VERAL DIE WESTELIKE GEDEELTE VAN DIE SOMERREËNVAL­ GEBIED VAN SUID-AFRIKA BAIE NADELIG GERAAK. P  rodusente het in die eerste plek gesukkel om hul somergewasse betyds in die grond te kry. Daarna het dit klimatolo­ gies maar sukkel-sukkel in die weste gegaan. Wat veral kenmer­ kend van hierdie seisoen is, is die kol-kol effek wat veral geluksreën­ buie gehad het. In een distrik is daar produsente wat ’n normale oes verwag terwyl ’n produsent nie een kilometer verder nie, ’n totale misoes belewe. REËNVAL HIERDIE SEISOEN Die meegaande kaart van die Suid-Afrikaanse Weerdiens dui die gebiede aan wat 0% tot 50%, 50% tot 75% en 75% tot 100% van die normale kumulatiewe seisoenale reënval hierdie seisoen ontvang het. Dit is duidelik dat die westelike gedeelte