Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 5

A L L E S E N N O G WAT T HIS A N D T HAT ••• Pieter & Tshepo Johan Minnaar Produsent in die Kroonstad omgewing “ ’n Boer is ’n snaakse ding: hy glo altyd die volgende jaar gaan die beste jaar ooit wees.” Andy Crocker Besturende Direkteur, Meadow Feeds “Suid-Afrika sal ’n rekordhoeveelheid wit- en geelmielies hierdie jaar moet invoer, ’n geskatte 3,5 miljoen ton. Ons het dalk genoeg graan voorheen gehad, maar ons het nie meer nie.” En moenie vergeet van Nasie in Gesprek, Grainlink en Hinterland nie! Oraloor gehoor... Louw Steytler Uittredende Graan SA Voorsitter “Grond is die hoeksteen van voedselsekuriteit. Ek het ongelooflike dinge in boerdery gesien, regoor die kleurgrens.” Oneworld.nl webtuiste “De droogte die in 1998 begon in de Levant, het oostelijke Middellandse Zeegebied waar Cyprus, Israël, Jordanië, Libanon, de Palestijnse gebieden, Syrië en Turkije liggen, is waarschijnlijk de hevigste van de afgelopen negen eeuwen. Dat stellen NASA-wetenschappers op basis van nieuw onderzoek.” Dan Kriek Voorsitter van Vrystaat Landbou en Ondervoorsitter van Agri SA “Met hulp van die regering kan ons boere volgende jaar weer ’n oorskot mielies produseer. Maar as ons nog nie verstaan dat die regering sal moet help nie, gaan almal dit ná vanjaar verstaan. Die Suid-Afrikaanse boer het nog altyd die verbruiker gesubsidieer. Ons gaan vanjaar leer wat dit beteken as hy nie meer kan nie.” Dirk Steenkamp Produsent in die Vredefort distrik “Afrika mors met jou as jy nie ferm is nie.” Isak Smit, Wetenskaplike by Suid-Afri­ kaan­­se Nasionale Parkeraad “Ons het simpatie met landbou en plaaslike gemeenskappe. Die welsyn en bestaan van baie mense word ernstig deur die droogte geaffekteer. In sulke natuurlike stelses, soos nasionale parke, besef ons egter dat droogtes natuurlike en belangrike verskynsels is wat vir miljoene jare reeds voorkom.” Louis de Kock Megaboer van Barkley-Wes Grondhervorming kan die land “plattrek en vernietig” as dit nie reg hanteer word nie. Het jy al bygedra tot die droogterampfonds? DIE AGRI SA DROOGTERAMPFONDS HET JOU HULP NODIG. MAAK SO JOU DONASIE: Donasies kan gemaak word via die webblad www.droogte­rampfonds.co.za met verskeie betalings­wyses soos EFT, Kredietkaart, Tjek- en Debietkaarte, Kits, EFS, SnapScan of Premietarief SMS teen R30 per sms. HOEKOM MOET EK BYDRA? Senwes doen ‘n beroep op alle besorgde Suid-Afrikaners om ons produsente by te staan, aangesien hul bydrae krities is vir die voed­ selsekuriteit van ons land en die plattelandse ekonomie. SENWES Scenario • Apr/Mei 2016 3