Senwes Scenario April / Mei 2016 - Page 44

••• HA N D E LSN U U S Winterweiding gapingvullers: Watter is die opsies? J apannese Radys en al die kleingraan­groenvoere (stoel­ rog, korog en swart- en witha­ wer) is die gewasse wat die poten­ siële gapings in jou voervloei aan die einde van die herfs, deur die winter en in die vroeë lente kan aanvul. Dié gewasse word gewoonlik onder droëlandtoestan­ de verbou indien vogbewaring toegepas kon word. Anders is besproeiing of aanvullende besproeiing nodig vir suksesvolle verbouing. JAPANNESE RADYS Japannese radys is waarskynlik die mees onderskatte voergewas in Suid-Afrika. Daar is geen ander gewas wat water en kunsmis so doeltreffend omskakel in voer soos Japannese radys nie. Dit is ’n sap­ pige voerbron vir vee in die droë wintermaande. Dit is veral nuttig waar min of geen weiding onder besproeiing beskikbaar is nie. Dis goed aangepas vir die koeler oostelike dele en word in die herfs en winter tot in die vroeë lente benut. Dit is nie rypgevoelig nie en benodig ongeveer 350 mm reën oor die viermaande-groei­tyd­ perk. Japannese radys groei die beste op ligte sand- of sandleem­ gronde. Vermy gedeeltes wat ge­neig is om te versuip. Die fyn saad van Japannese radys vereis ’n goed voorbereide, ferm saad­ bed vir suksesvolle vestiging. Pas vogbewaringspraktyke toe in die maande wat die planttyd vooraf­ gaan. Dit kan loon om die saad vas te rol. Planttyd in die koeler produk­ siegebiede is vroeg tot middel 42 Desember, alhoewel Januarie tot einde Februarie die algemene planttyd is. Plant in rye van 45 of 90 cm en nie dieper as 25 mm nie. Ideaal moet plante ongeveer 40 cm in die ry gespasieer wees. Onder droëland word ongeveer 2 kg saad per hektaar en onder besproeiing ongeveer 3.5 kg saad per hektaar geplant. Die droëmateriaal is hoogs verteerbaar en dit is goeie voer vir skape en beeste. Vir beeste is dit beter om die radyse uit te trek of uit te ploeg en heel te voer, maar skape bewei dit baie effektief. Dit is meer suurverdraagsaam as byvoorbeeld mielies. Bemes tydens planttyd die plant deur ’n kunsmismengsel van N, P en K onder en eenkant van die saad in die ry toe te dien met peile soortgelyk aan dié vir groenvoer­ produksie toegedien. Indien die voedingstatus van die grond goed is, kan met plant ongeveer 30 kg N/ha toegedien word. ’n Topbemesting van 50 – 70 kg stikstof/ha kan vyf tot ses weke na plant toegedien word as die vog­ status gunstig is. Moontlike Produksie: (Somerreënval) Reënval (mm) 550 – 600 t DM / ha 4 KVE / ha vir 120 dae 35 600 – 800 6 50 >800 10 85 DM KVE t = Droëmateriaal = Kleinvee-eenhede. = ton KULTIVARS Daar is onder andere twee Japan­nese radyskultivars beskikbaar, Endurance en Nooitgedacht. Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario Nooitgedacht is die ouer kultivar, maar is steeds gewild vanweë sy goeie reputasie onder boere, en met reg so. Endurance is ’n unieke laat blom, sagte blaartipe voer­ radys, met ’n knol en blaarmate­ riaal van goeie kwaliteit. Dit lewer gewoonlik produksie tot die einde van Augustus en in sommige ge­ biede selfs tot middel September. GROENVOERE Groenvoer bestaan uit drie soorte gewasse, hawer, korog en stoelrog, waarvan hawer die smaaklikste vir vee is. Hawer is egter ook die mees kouegevoelig en indien wintertem­ perature gereeld laer as -5°C daal, behoort korog of stoelrog meer suksesvol te wees. Uit die gewasse is stoelrog die mees koueverdraagsaam en kan dit temperature onder -15°C steeds goed verdra. Groenvoere word net soos koringkultivars onderverdeel in winter-, lente- en intermediêre tipes. Wintertipes het ’n koue­ behoefte (vernalisasie) voordat dit oor sal gaan na saadvorming. Lentetipes daarenteen het geen kouebehoefte om in saad te kom nie. Intermediêre tipes lê tussen winter- en lentetipes, wat hul kouebehoefte vir saadvorming betref. Hulle kom nooit so gou in die saad soos lentetipes nie, maar het ook nie ’n kouebehoefte nie. Die groeiklasse wat die beste vir groenvoerweiding geskik is, is die intermediêre en wintertipes. Redelik tot uitstekende hergroei ná beweiding word van dié groepe verkry. Lentetipe groenvoerkulti­ vars het egter ’n baie meer spesi­ fieke aanwending.