Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 40

••• RUBR I E K SUSARI GELDENHUYS SAFEX SCENARIO’S MET SUSARI INLEIDING Met die Suid-Afrikaanse somer­ reënvalgebied wat steeds in een van die ergste droogtes in drie dekades vasgevang is, en die groot onsekerheid rakende die huidige seisoen wat heers, word alle deel­ nemers genoop om alternatiewe bronne van inkomste te onder­ soek. Verskeie geleenthede bestaan op SAFEX, maar in die heersende vola­tiele markomgewing is dit relatief moeilik om ’n goeie beleg­ gingsbesluit te neem. Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’n hoër waarskyn­ likheid van sukses wanneer so ’n beleggings­besluit oorweeg word. Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek en poog die onderstaande artikel om uit te brei op verskeie tegniese indikatore wat gebruik kan word om die heersende prystendens aan te toon. laagtepunte) of afwaartse (pryse maak laer hoogtepunte) rigting, waar ’n “trading” mark gekenmerk word deur sywaartse prysbewe­ gings. • “Leading” en “Lagging” indikatore “Leading” indikatore gee voor­ spellings van toekomstige prys­ bewegings, hoofsaaklik deur die bepaling van hoe oorgekoop of oorverkoop die mark is. Hierdie indikatore bied ’n hoër waarskyn­ likheid om winsgewende geleent­ hede te identifiseer, maar die tipe indikatore word geassosieer met groter risiko. “Leading” indikatore is gewoonlik ook statisties meer geskik vir gebruik in “trading” markte. In teenstelling met “leading” indikatore, is “lagging” indikatore nie daarop gemik om toekomstige prysbewegings te voorspel nie, maar eerder prystendense te volg. Die indikatore genereer koop- en verkoopseine slegs nadat ’n werk­ like ommekeer in die prystendens plaasgevind het, wat gevolglik ook opbrengste verlaag aangesien koop- en verkoopseine gewoonlik laat is. Ten spyte hiervan, is “lag­ ging” indikatore minder riskant as “leading” indikatore en word winsgewende geleenthede steeds geïdentifiseer. “Lagging” indika­ tore is dienooreenkomstig statisties meer geskik vir gebruik in “trend­ ing” markte. • Oorgekoopte en oorverkoopte mark Die bostaande konsepte is uiters belangrik aangesien dit as basis dien om koop- en verkoopseine te genereer vir ‘n groot aantal indikatore. ’n Oorgekoopte mark word geassosieer met die aantal verko­pers (aanbod) wat aansien­ lik minder is as die aantal kopers (vraag). In so ’n geval beweeg pryse gewoonlik na ’n potensiële pryspiek soos wat die vraag en aanbod na die onderliggende kommoditeit ’n nuwe ewewigsprys bewerkstellig. In teenstelling met ’n oorgekoopte mark, word ’n oorverkoopte mark gekenmerk deur ’n aansienlike laer aantal DEFINISIES Voordat die verskeie tegniese in­ dikatore bespreek word, is dit be­ langrik om sommige begrippe en konsepte te definieer om as basis vir die opeenvolgende bespreking te dien. • “Trending” en “Trading” markte Pryse beweeg in tendense wat gekategoriseer kan word in “tren­ ding” en “trading” fases. ’n “Tren­ ding” mark word gekenmerk deur ’n opwaartse (pryse maak hoër 38 Figuur 1: Interpretasie van Aroon. Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario BRON: SAAMGESTEL IN DIE METASTOCK (2011) DATABASIS.